AARTAPPELSKYFIES ’n Klein seuntjie wil bitter graag die Hemelse - TopicsExpress



          

AARTAPPELSKYFIES ’n Klein seuntjie wil bitter graag die Hemelse Vader ontmoet. Hy besef dat dit sal tyd neem om te reis na waar die Here woon! Dus pak hy in sy tas ’n pakkie aartappelskyfies en ’n 6-pak vrugtesap en toe begin hy met sy reis. Toe hy ongeveer drie blokke van sy huis af is, ontmoet hy ’n ouerige man. Die man het in die speelpark gesit en stilweg gestaar na die duiwe wat op die grond rondloop. Die seun gaan langs die oom sit en maak sy tas oop. Hy was van plan om van sy vrugtesap te drink, toe hy opmerk dat die ou man honger voorkom. Hy bied toe vir die oom van die skyfies aan. Dankbaar neem die ou man dit, terwyl ’n vriendelike sagte glimlag oor die ou man se gesig versprei, soos hy na die seuntjie kyk. Die ou man se glimlag was verskriklik mooi dat die seuntjie dit weer wou sien, en hy bied vir die oom ’n blikkie koeldrank aan. Weer eens glimlag die ou man teenoor die seuntjie. Die mannetjie was verheugd! Die hele middag sit die twee daar eet en glimlag teenoor mekaar – sonder om ’n woord te sê. Toe dit skemer word, besef die seuntjie hoe moeg hy was en hy staan op om te loop. Skaars het hy ’n paar treë gegee, of hy swaai om. Hy hardloop na die ou man terug om hom ’n drukkie te gee. Hy kyk op na die ou man en gee hom die grootste glimlag ooit . . . Toe die seuntjie na ’n kort tydjie die voordeur van hul huis oopmaak, was sy moeder verbaas om die vrolike gesiggie te sien. Sy vra hom, “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?” Hy reageer spontaan, “Ek het middagete met God gehad.” Nog voordat sy moeder kon reageer, voeg hy by, “Weet jy wat, Ma? Hy besit die mooiste glimlag wat ek nog gesien!” Intussen het die ou man, ook oorweldig van geluk by sy huis aangekom. Sy seun was verstom oor die blik van tevredenheid op sy Pa se gesig. Hy vra, “Pa wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?” Die ou man antwoord, "Ek het aartappelskyfies saam met die Here in die park geëet.” Voordat sy seun kon reageer, voeg hy by, "Weet jy, hy is veel jonger as wat ek verwag het!” Te dikwels onderskat ons die krag van ’n aanraking, ’n glimlag, ’n vriendelike woord, ’n geopende oor, ’n eerlike kompliment of die kleinste omgee-daad, almal het die vermoë om die lewe te verander. Mense kom in ons lewens vir ’n rede, ’n seisoen, of lewenslank! Omhels almal gelykwaardig!! Geniet middagete met God . . . . . bring skyfies
Posted on: Tue, 02 Jul 2013 13:35:43 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015