Alleen Hallo Mensie Hier waar Jesus aan die kruis hang, skree - TopicsExpress



          

Alleen Hallo Mensie Hier waar Jesus aan die kruis hang, skree die kontraste teen mekaar. Dit is dag, dan is dit nag. Dit is mense wat spot en hardop lag teenoor ’n paar mense wat sag staan en huil. Dit is ’n God wat oorwin, maar eers moet sterf. Ek wonder wat deur Jesus se gedagtes gegaan het terwyl Hy aan die kruis gehang het. Ja, daar was ’n stadium toe Hy sy Vader gevra het om die beker verby te laat gaan, want Hy het geweet dat dit swaar sou wees. Ja, die spykers deur sy gewrigte en enkels sou verbysterend seer gewees het. Maar meer nog, die kontraste. Die soldate wat so spot. Die gebulder en die harde lag soos hulle grappe maak. Sommer die verbyganger het ook ingetjip: 39Die mense wat daar verbygeloop het, het net hulle kop geskud. Hulle het Jesus bespot en die lelikste dinge oor Hom gesê. 40“Jy het so gespog dat jy die tempel sal afbreek en in drie dae weer sal opbou. Toe, wys nou wat daar in jou steek! As jy regtig die Seun van God is, red jouself. Klim daar van die kruis af, as jy natuurlik kan.” Maar dit was nie net die soldate en die vreemdelinge wat gespot het nie, ook die kerk het by die kring van spotters kom aansluit. 41Die Joodse leiers en geleerdes het ook lekker saam gespot: 42“Hy het ander gered. Nou is hy self in die moeilikheid en kan skielik niks doen nie. Ja-nee, dit is nou vir jou die ‘koning van Israel’, nè! As hy nou daar van die kruis afkom, sal ons sowaar in hom glo. 43Hy was so seker dat God aan sy kant is. Hy het selfs beweer dat hy die Seun van God is. Wel, laat ons nou sien. God sal hom mos kom help as al hierdie dinge waar is.” God se eie mense draai hul rug op Hom. Dit is skokkend! Dis die beker wat Jesus nie wou drink nie. Hierdie mense wat so spot en met God mors. Weet julle dan nie dat julle met die Seun van God mors nie? Weet julle dan nie dat julle op pad is na die hel nie? Hoekom is julle dan tog so doof vir die Evangelie! Jesus se hart krimp ineen. Hy kan dit net nie hou om te sien hoe hierdie kinders van God hul tong vir God uitsteek nie. Hy kan dit net nie meer hou dat hulle so met God se genade mors nie. “Vader, neem weg hierdie beker. My hart breek in stukke.” God kan ook nie meer nie en die dag raak op. In die middel van die dag raak dit pik donker nag. Dit donder uit die hemel. Die aarde bewe. Almal skrik. Almal en alles ruk tot stilstand. Hier het nou iets groots gebeur. Die mense gryp mekaar vas. Die groot, spottende soldate se wese skree bangheid uit. Boys, wat nou? Met vraagtekens op hul gesigte, sonder enige mannemoed en met ’n hoop vrees, is hul spot net weg. Jesus kon nie meer nie: 46Teen drie-uur skreeu Jesus hard: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” oftewel: “My God, my God, waarom het U My alleen gelaat?” Sjoe, ons kan nie werklik verstaan wat hier gebeur het nie. Dit was die laaste uitroep van die mens Jesus. Só ’n bevestiging dat Hy regtig net mens was. Só intens die kontraste. Spotters, treurendes, aardbewing, nag, vreesbevange mense en sonder God moes Jesus die dood ingaan. God loos. Alleen. In die dal van doodse skaduwee. Jesus skuur skouers met die dood. Daar waar selfs God nie is nie, daar moet Jesus in. Sonder sy Vader, met wie Hy tog so graag gepraat het. Daar gaan Jesus in. Jesus is net so die dood in. Om oor na te dink Kan jy dit alles picture?
Posted on: Fri, 20 Sep 2013 09:28:09 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015