Andre Duvenage Winter in my Hart Vier seisoene maar dit is winter - TopicsExpress



          

Andre Duvenage Winter in my Hart Vier seisoene maar dit is winter in my hart om my sien ek net pyn en smart Geboë skouers rooigehuilde oë hoekom o hoekom is dinge dan so? Uit die blou van onse hemel met ons bloed bevlekte grond barbare wat moor en verkrag oral om ons rond Ons sing hartlik saam Nkosi sikelel’ iAfrika maar word ons woorde ooit tot by die hemel gedra? Dinge is vergesog nog ‘n kind raak weg luister na my woorde dit is lankal baie sleg Nog ‘n vrou is verkrag nog ‘n boer is vermoor wat kan ons doen dat die wêreld kan hoor? Knieg gebuig bybel in die hand bloedsweet druppel val in dorre sand Die tyd is NOU ek se dit weer My volk moet hul gesig na GOD toe keer. Met ‘n Rand ‘n stukkie Dollar het jy vir jou toekoms gehoop by Babel se toring jou valse hoop gaan koop die toring se murasie is al wat jy nou het met voorvader aanbidders deel jy jou bed. Vergete is die tree van ‘n nou en reguit pad die verderf se bree kronkelpad het my volk gevat Soos Moses van ouds pleit ek bedags en saans Vergewe ons my GOD….. gee my volk nog ‘n kans © ~ Dré ~
Posted on: Sat, 20 Jul 2013 15:27:38 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015