As jy nooit pyn ervaar het nie, hoe sou jy geweet het dat Ek ‘n - TopicsExpress



          

As jy nooit pyn ervaar het nie, hoe sou jy geweet het dat Ek ‘n Geneser is? As jy nooit nodig gehad het om te bid nie, hoe sou jy geweet het dat Ek ‘n Vergewer is? As jy nooit probleme gehad het nie, hoe kan jy jouself ‘n oorwinnaar noem? As jy nooit hartseer gevoel het nie, hoe sou jy geweet het dat Ek ‘n Vertrooster is? As jy nooit ‘n fout gemaak het nie, hoe sou jy geweet het dat Ek ‘n Vergewer is? ... As jy alles geweet het, hoe sou jy geweet het dat Ek jou vrae sal antwoord? As jy nooit in die moeilikheid was nie, hoe sou jy geweet het dat Ek tot jou redding sal kom? As jy nooit gebroke was nie, hoe sou jy geweet het dat Ek jou heel kan maak? As jy nooit ‘n probleem gehad het, hoe sou jy geweet het dat Ek dit kan oplos? As jy nooit lyding gehad het, hoe sou jy ooit geweet het wat Ek deurgegaan het? As jy nooit deur vuur gegaan het , hoe sou jy suiwer geword het? As Ek jou alles gegee het, hoe sou jy dit waardeer het? As Ek jou nooit gekorrigeer het, hoe sou jy geweet het dat Ek jou liefhet? As jy alle mag gehad het, hoe sou jy geleer het om op My te vertrou? As jou lewe perfek was, waarvoor sou jy My dan nodig hê?
Posted on: Sun, 23 Jun 2013 18:20:04 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015