Bejaarde man sterf na plaasaanval Hennie Bentley. Foto: - TopicsExpress



          

Bejaarde man sterf na plaasaanval Hennie Bentley. Foto: Facebook Hennie Bentley (73) is Vrydagaand oorlede nadat hy en ander familielede vroeër die week aangeval en erg aangerand is op hul plaas in die Lochvaal-gebied buite Vanderbijlpark. Bentley het saam met sy vrou, hul seun en die se vrou en ander familielede op die plaas gekuier toe hulle Dinsdagaand net na 20:00 aangeval is. Die familieplaas is sowat 25km buite Vanderbijlpark. Hardy Mileham het aan Maroela Media gesê vier mans het die huis binnegestorm en die familie begin vasbind. “Een van die oumas was in die kamer besig en het haar seun, die polisie en die voorman op die plaas ontbied nadat sy skote gehoor het. Oupa Hennie is geskiet en hulle het van die ander familielede waaronder my skoonpa erg aangerand.” Mileham sê die rowers het ʼn elektriese koord geknip om die familie mee vas te bind waarna die krag afgegaan het. Die voorman het intussen by die huis opgedaag en die mans het gevlug. Mileham sê die mans het sowat R500 en wapens gebuit. Bentley is na die voorval in die hospitaal opgeneem en is Vrydagaand oorlede. Mileham se skoonpa is verskeie kere met ʼn voorwerp oor die kop geslaan en word steeds in die hospitaal behandel. “Die ander oupa het ook seergekry en is ook steeds in die hospitaal.” Hy sê van die ander familielede het ook beserings opgedoen. Volgens Mileham het die aanval het net sowat 20 minute geduur. “Ons glo dit sou ʼn lang uitgerekte proses gewees het indien hulp nie opgedaag het nie.” Mileham sê die rowers was onder meer met ʼn pistool, hamer, kettie en ʼn kous vol klippe gewapen. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Posted on: Mon, 12 Aug 2013 06:20:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015