Bemoedigende Woord. Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, - TopicsExpress



          

Bemoedigende Woord. Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, het ek in my tuintjie gestaan en kyk na die dou op die plante. Die dou was oorvloedig op die kappertjies wat ek besig was om te pluk, en terwyl ek die helderkleurige fraai blommetjies die een na die ander een afpluk, het ek skielik onthou dat ek eenmaal gelees het: "Dis net wanneer kappertjies gekneus word, dat hulle hierdie heerlike geur kry". ... Dis hoe sommige mense ook is. Dis juis wanneer die swaar slag van die lewe hulle tref, dat hul uitvind watter lieflike gees daar in hulle hart is. Dis die mense wat die lewe nooit sal onder kry nie, want hoe seerder hulle hart - hoe groter glimlag die mond. Hoe feller die pyn - hoe minder die klag. Hulle is die kappertjiesmense in die tuin van God. En hierdie sonneblom, met sy groot oop bottergeel gesig, laat my dink aan die liewe mense wat altyd lag; vir wie die son altyd skyn, en vir wie die lewe altyd lekker en aanvaarbaar is. Hulle is nooit verveeld en onvergenoegd nie. Vir hulle is werk ′n lus en nooit ′n las nie. Werk wat hulle aanpak, doen hulle flink en goed en sonder om te mor en te kla. Dis hierdie sonneblom mens van wie daar gese word: "Die vrolike vlam wat kla en kraak, Dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak, en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry." En ek dan? Watter soort blom is ek van God se tuin? Het ek ook ′n doel, en is ek ook van nut.? Dis toe dat ek dit sien. Al die blomme was benat met dou, en op al die blomme het God se son geskyn. Hy het almal gemaak en almal is Syne. Hy het nie net die Kappertjies en Sonneblomme nodig nie, maar Hy het ook die skugter Vergeet-My-Nietjies nodig, En ook die wat in die skadu groei. Met ′n diep dankbaarheid in my hart bid ek: "As ek dan nie ′n wonderlike mens kan wees met mooi en baie deugde nie, Liewe Heer, laat my dan tog net toe om die grond van hardheid te bedek waarlangs die voete van U skepsels loop. Wanneer hulle voete my kneus, laat ′n aangename geur my hart dan omring en so ook U hart verbly.Mooi Week vir Almal Mwa xxxxxxx
Posted on: Mon, 01 Jul 2013 05:49:45 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015