Daar is Vier Stemme wat ons moet ken vandag: 1. DIE STEM VAN DIE - TopicsExpress



          

Daar is Vier Stemme wat ons moet ken vandag: 1. DIE STEM VAN DIE MENS Die stem van ‘n mens is hoorbaar. Ek het net nodig om iemand se stem te leer ken om iemand te herken. Maar die stem van ‘n mens is ook verleidend. Mense se idees word navore gebring deur woorde. Dit kan hoorbaar woorde wees, of geskrewe woorde. Die grootste probleem is dat mens se stem nie altyd ooreenstem met die stem van God nie: Handelinge 5:29 “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” Die mens se stem is dubbelsinnig: Jakobus 3:8-10 (Slide 28 – 30) “Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. 9Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. 10Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.” 2. DIE STEM VAN SATAN (Slide 31) Die stem van Satan was gehoor deur Eva in die Tuin van Eden (Genesis 3:1-5). Satan se stem kan gehoor word deur leuens, misleiding, en mens gemaakte teoriee wat mense kan lei om teen God te sondig. Die indrukwekkenste gedagte is dat Satan nie soos God toegang het tot alle mense op eenslag nie. Dit is waarom hy selfs sover sal probeer gaan om leraars te gebruik om valshede te verkondig. Dit mag soos waarheid lyk vir die persoon wat die boodskap gee, maar dit kan soveel mense mislei omdat hulle toegee aan die stem van ‘n mens eerder as aan die stem van God. Dit is waarom ons moet weet wat die Wil van God vir ons lewens is. Die Wil van God word in Sy Woord gevind. En as ons dit ondersoek, sal ons dit vind. Maar ons moet ook onthou, Satan het ook valse geeste / gevalle engele wat ons kan mislei. Selfs hierdie gevalle engele het ook ‘n duidelike stem wat hoorbaar is: Handelinge 8:7 “Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu;” Lukas 4:33,34 “En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!” Paulus het later die volgende te sê gehad oor wat Satan en “sy dienaars” doen: 2 Korinthiers 11:3,13-15 “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus... 13Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 14En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 15Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.” 3. DIE STEM VAN SELF ‘n Ander stem wat ons van moet weet is die stem wat binne onsself is. Hierdie is ‘n baie intersante stem. Nou, ek praat baie met myself, my verbeelding hardloop soms weg. Maar dit is nie hierdie verbeelding waarvan hier gepraat word nie. Dit is eerder wanneer ons probeer om onsself te oorreed dat iets wat sleg is wel goed is. Jesus het ‘n paar verhale vertel om hierdie stem te verduidelik: Lukas 16:3 “Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my.” Mattheus 24:48 “Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My Heer talm om te kom –“ Ons moet versigtig wees dat ons nie dalk onsself mislei nie. Jeremia het dit so mooi gestel toe hy gesê het: Jeremia 10:23 “Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” 4. GOD SE STEM Die Woord van God is vol met ware verhale waar God met mense gepraat het. Maar vandag word God se stem nie meer gehoor soos in dit gehoor was in die dae van Abraham, Isak en Jakob nie. Maar tog word dit vir ons duidelik gemaak hoe ons God se stem vandag sal hoor: Hebreers 1:1,2 “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” En Jesus het weer bevestig dat Hy met ons sal spreek deur middel van die Heilige Gees: Johannes 14:24-26 “Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. 25Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Dus praat God nog steeds met ons deur middel van die Heilige Gees. Maar om daardie stem te hoor moet ons Hom ken. En dit is hier waar die grootste probleem vandag inkom. Want baie sê hulle ken God, maar... Ken Ek vir God? Ons lees in die boek 1 Samuel in die eerste paar hoofstukke van ‘n jong seun met die naam van Samuel. Die mooi verhaal van ‘n moeder wat by God gaan pleit het vir ‘n babatjie en beloof het om die baba aan God toe te wy al die dae van sy/haar lewe. Samuel was gebore en op die ouderdom van 7 bring Hanna vir Samuel na die tempel sodat hy in God se diens kan staan al die dae van sy lewe. Daar was egter 2 groot probleme gewees. Een is dat Eli, die hoëpriester nie sy seuns kon tugtig nie, en dan, al was Samuel in die Heiligdom gewees, het hy nie die stem van God geken nie. 1 Samuel 2:12, 17 “Maar die seuns van Eli was deugniete; hulle het die HERE nie erken nie.... En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.” 1 Samuel 3:7) “Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie.” Al was Samuel hoe besig in die Heiligdom, en al het hy soveel geleer rakende die verlossings plan, het hy nie God se stem geken nie. Eli het ook nie vir Samuel geleer omtrent die stem van God nie. En dit is ‘n ernstige waarskuwing vir ons wat God se stem ken. Soms is ons so vinnig om andere te leer aangaande Openbaring en Daniel, die Heiligdom en die Oordeel, maar ons fokus nie op die stem van God nie. Drie maal roep die Here vir Samuel, en eers die derde maal antwoord Samuel vir die Here nadat Eli besef het dat dit God was wat met die seun wou praat. So ek vra weer, ken ons die Stem van God? Ek gee nie om as U dink u ken die waarhede van die Bybel nie, alhoewel dit belangrik is, maar as ons nie die Stem ken nie, sal ons nooit ten volle die waarhede van die Bybel verstaan nie.
Posted on: Wed, 28 Aug 2013 11:01:32 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015