Dankie Here God vir U liefde vir ons. Dankie Here, dat U liefde - TopicsExpress



          

Dankie Here God vir U liefde vir ons. Dankie Here, dat U liefde vir ons alle verstand te bowe gaan en niks kan ons ooit van U Vader hand skei nie. Dankie Here dat U genade elke dag nuut is. Here, daar sonder is die Lewe doelloos en leeg. Heilige Gees Dankie Here, vir die waarheid wat U elke dag aan ons ontbloot. Dankie Here, vir nog ‘n kans om ons sonde aan die voete van Jesus neer te lê en te kan leef in die oorvloed van U genade en die beskerming van die bloed van Jesus. Here, leer ons om met oop hande te staan en elke dag U liefde te ontvang en so weer aan ander uit te stort. Dankie Here, van riviere van lewende water wat U elke dag uit U kinders laat vloei. Vader, laat U wil vir my lewe geskied en laat alles in my lewe wees tot eer en verheerliking van U Naam. Soos in die Hemel net so ook op die aarde, want aan U behoort die krag en die heerlikheid, tot in alle ewigheid. In Naam van Yeshua, Jesus Christus, my Verlosser en Koning. Amen
Posted on: Mon, 30 Sep 2013 02:35:15 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015