Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Filippyne, Agnes - TopicsExpress



          

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Filippyne, Agnes Nyamande-Pitso het die Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie, the Gift of the Givers in Manila verwelkom. Die organisasie is in die land om noodleniging te verskaf ná Tifoon Haiyan. Bykans 4-duisend mense is tydens die ramp dood. Die Verenigde Nasies sê meer as 13 miljoen mense is deur die tifoon geraak, waaronder 5-miljoen kinders. Die VN het die humanitêre situasie in sommige gedeeltes as katastrofies beskryf en sê die skaal van die verwoesting en die tragedie is skokkend. The Gift of the Givers se span sluit in dokters, soek-en-reddingspesialiste, sowel as joernaliste. Hulle het gisteraand daar aangekom. Die span sal nou met noodvoorraad na Tacloban beweeg, en ook dorpies langs die pad bystaan. RSG
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 11:01:36 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015