Die chili kompetisie is gehou in Bloemfontein … Ons het na die - TopicsExpress



          

Die chili kompetisie is gehou in Bloemfontein … Ons het na die kompetisie hierdie notas op die grond gevind nadat die ambulans met beoordelaar nommer 3 hier weg is. Volgens die oorspronklike beoordelaars het hulle beoordelaar nommer drie gevra om te help met die kompetisie want hulle was een persoon kort. Beoordelaar nommer drie se naam was Frikkie en hy het ingestem solank die bier verniet is. Hier is die notas soos dit in die verslag opgeneem is … Chili # 1: Mike se Maniese Monster Mafia Chili Beoordelaar 1 : Die hand was bietjie swaar met die tamatiesous. Amusante skop. Beoordelaar 2 : Lekker sagte tamatie geur. Baie middelmatig. Frikkie : Heilige hel, wat is die goed ? Jy kan droeë verf van die rylaan afhaal met die goed. Dit het twee biere gekos om die vlammehel in my mond uit te sit. Hoop dit is die kwaaiste een. Hierdie Vrystaters is nie lekker nie. Chili # 2: Gerrie se Gatbrand Chili Beoordelaar 1 : Rokerige braai smaak met ‘n tikseltjie vark. Ligte Jalapeno steek. Beoordelaar 2 : Opwindende braai smaak. Kort nog rissies om ernstig opgeneem te word. Frikkie : Hou weg van kinders af. Ek weet nie wat ek veronderstel is om te proe behalwe pyn nie. Ek moes twee mense keer wat my met die Heimlich metode wou help. Ek het my weg na die voorkant van die biertuin se ry oopgestamp. Chili # 3: Sampie se Brand Die Skuur Af Chili Beoordelaar 1 : Uitstekende brand smaak. Goeie skop. Kort nog boontjies. Beoordelaar 2 : ‘n Boonlose chili. Bietjie souterig. Goeie gebruik van rooi rissies. Frikkie : Dit is seker ‘n grap. Iemand moet die omgewings nooddienste uitroep want die is definitief ‘n chemiese ramp. My neus voel asof ek verstik het in Jeyes Fluid. Almal het my roetine geken en die pad na die biertent was oop. Die kroegmeisie het my baie hard op die rug geslaan. Dit voel of my ruggraat deel van my ribbes is. Chili # 4: Boetie se Swart Gevaar Chili Beoordelaar 1 : Swart boontjie chili met te min speserye. Teleurstellend. Beoordelaar 2 : Tiksel suurlemoen in die swart bone. Goed saam met vis. Swak chili. Frikkie : Ek het iets oor my tong gevoel skraap maar kon niks proe nie. Sannie het agter my gestaan met ‘n skinkbord vol bier sodat ek nie weer hoef te hardloop nie. Chili # 5: Linda se Lip Opblaas Chili Beoordelaar 1 : Vleisige, sterk chili. Cayenne rissie vars gemaal sit goeie skop by. Baie goed. Beoordelaar 2 : Chili en dun repies vleis. Kort bietjie tamaties. Die cayenne rissie maak ‘n definitiewe verskil. Frikkie : My ore is toe. Ek kan nie meer uit my oë sien nie. Ek het gepoep en vier mense agter my moes mediese hulp ontvang. Linda het teleurgesteld gelyk toe ek aanhou kla dt ek breinsskade opgedoen het. Sannie het my lewe gered deur die bier in my mond te gooi deur middle van ‘n emmer. Een van die ander beoordelaars het my sort van irriteer deur die heeltyd te vra dat ek moet ophou skree. Chili # 6: Wilma se Wilde Groente Chili Beoordelaar 1 : Dun maar besproke groente chili. Goeie balans tussen speserye en rissie. Beoordelaar 2 : Die beste tot dusver. Aggresiewe gebruik van rissie, uie en knoffel. Frikkie : My ingewande is nou ‘n reguit gat gevul met plofbare gasse. Niemand behalwe Sannie staan agter my nie. Chili # 7: Susan se Skreeuende Sensasie Chili Beoordelaar 1 : ‘n Middelmatige chili watt e veel steun op ingelegde rissies. Beoordelaar 2 : Proe asof die rissies op die laaste minuut bygevoeg is. Ek is bietjie bekommerd oor beoordeelaar nommer 3. Dit lyk of hy in pyn verkeer. Frikkie : Jy kan ‘n handgrenaat in my mond laat ontplof en ek sal dit nie proe nie. Ek het alle sig in my een oog verloor. Dit klink of die aarde van hardlopende water gemaak is. My klere is voor vol chili wat uit die kant van my mond geval het. Dit is goed so. ‘n Nadoodse ondersoek sal kan wys waarvan ek dood is. Ek het besluit om op te hou asem haal want dit is te seer en ek kry in elk geval geen suurstof nie. Ek kan deur die 4 duim gat in my maag asemhaal. Chili # 8: Helena se Berg Dokter Chili Beoordelaar 1 : ‘n Perfekte einde. Baie goeie verhouding met die rissie en speserye. Beoordelaar 2 : Baie goed gebalanseerde chili. Nie te warm nie. Jammer om te sien nommer 3 het nou net omgeval en die pot oor sy gesig laat val. Frikkie : Nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Posted on: Sat, 07 Sep 2013 09:42:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015