Die gereformeerde roepingsbewustheid is die basis van ons - TopicsExpress



          

Die gereformeerde roepingsbewustheid is die basis van ons volksbestaan en daarom ook van sy voortbestaan. Die Christen se hoop is gewortel in God. Aangesien hy glo dat daar die Allerhoogste beskikker het hy hoop, want sy God beskik ALLE dinge. Wat sal ons hoop gee? Ons moet terugkeer tot God en dan sal ons weer hoop he. Hoop en geloof is twee kante van dieselfde munt, jy kan nie die een he sonder die ander nie. So ‘n terugkeer tot God sal die individu, en daarom ook die Afrikanervolk, nie ledig en onvrugbaar net laat wag op die wederkoms nie, maar hard laat werk om God se Woord en Wet op alle lewensterreine toe te pas. Dus sal die Afrikaner dan weer, soos sy voorsate, hoop vind in die gehoorsame toepassing van God se Woord op alle vlakke van sy volksbestaan. Dan soek hy nie ‘n Volkstaat om bevry te wees Swartoorheersing, swak dienslewering, oneffektiewe polisiering, ensovoorts nie. Nee, hy beywer hom vir ‘n Volkstaat waar hy vry kan wees om God te dien volgens Sy Woord en om daarin juis ‘n voorbeeld te wees vir die volke rondom hom, juis ook tot hulle behoud en redding. Is dit nie die roepingsbewustheid waarmee ons voorouers die onsekerheid van ‘n barbaarse kontinent met hoop kon trotseer nie?
Posted on: Tue, 08 Oct 2013 04:50:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015