Die vyand sal enige iets doen om kinders van die Here uitmekaar te - TopicsExpress



          

Die vyand sal enige iets doen om kinders van die Here uitmekaar te dryf veral man en vrou! Vyand ek is nie met jou werke onbekend nie en vanmôre kom ek teen jou in die Naam van Jesus en stel jou werke kragteloos in my en my vrou/man se huwelik in Jesus Naam! Jy is uitgeklee op die kruis van Golgota en ek kom vanmôre en sê "Die Bloed van Jesus is teen jou" ek eis 100 voudig terug wat jy van my gesteel het en spreek nou lewe uit oor my huwelik. Ek bind nou die magte wat in my vrou/man werk in Jesus Naam! Die Bloed van die Lam is teen jou! Ek verklaar geestelike oorlog teen jou en eis haar/hom terug in Jesus naam! Ek spreek bevryding uit oor elke faset van haar/sy lewe, gees siel en liggaam. Los haar/hom uit en haal jou kloue af van hierdie kosbare Koningskind! Nou bind ek jou en spreek die Bloed van Jesus teen jou vyand!!! In Jesus Naam! Amen!!!
Posted on: Mon, 16 Sep 2013 08:06:16 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015