Ek het die Mooiste Mooiste boodskappie, En wil dit met jul wil - TopicsExpress



          

Ek het die Mooiste Mooiste boodskappie, En wil dit met jul wil deel .... Ekt geen idee wie dit geskryf het nie, maar dis defnitief geskryf uit die diepste diep van iemand se hart ...... Liewe Heer so maklik loop ek kop in die sand En sê nooit dankie vir als wat ek ontvang uit U hand En ek pekel U heeltyd met kommers en vrae Maar vertrou U nie met die dinge wat my pla So ek wil kom dankie sê vir als van U wat my omring Elke glimlag, verstaan, leunende skouer in my vriende kring Here dankie dat U my elke dag so ryklik seen Al is ek onseker waar my pad my more sal neem Dankie dat ek in die bibber kan warm slapies Vir my pienk pajamas en slippers met skapies Dat ek warm water het om my lyfie mee te was En al die klere wat knap sit, maar tog warm pas Vader dankie vir my groen dieet blare op my bord Want U weet komkommer maak maer maar gee my die vitamiene wat ek kort Dankie dat ek op my pokkel voetjies nog kan trap My eie wit tande het om mee te kan hap Dankie dat U elke maand vir ‘n oomblik sente in my beursie plaas Al vind ek maniere om dit vinniger te blaas En vir my gesonde verstand wat daagliks by my bly En ‘n siel wat kan hartseer hê maar meer kan lag as ly Dankie vir my aardse Mamma en Pa Dat ek te groot is vir ‘n outydse pakslae Dankie Here vir die berg en die wolke wat oor dit troon En dat ek kan weet dat U by die son in die hemel woon Daar is so baie wat ek nie nou aan kan dink Maar Here ek sê dankie vir alles wat U vir my daagliks mildelik skink En meeste van als dat ek U warmte in my kan voel Wanneer als in my wereld deurmekaar kom woel Oepsie ekt vergeet van die blomme in die veld En dankie vir my lewe sonder geweld Die koekies in my kombuis kas met klapper gesaai En dat U wit vlag in my hart kan waai En dankie Here vir die mooi blou van die oseaan En dat ek kan weet U sal my nooit alleen laat staan. Amen
Posted on: Sat, 06 Jul 2013 07:46:24 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015