Ek probeer onthou hoe my lewe was sonder kos en snot strepe op my - TopicsExpress



          

Ek probeer onthou hoe my lewe was sonder kos en snot strepe op my klere. Hoe n netjiese huis gelyk het sonder tupperware en speelgoed wat rondlê van die voordeur af regdeur die huis. Hoe dit gevoel het om met n lekker love story vir n uur lank in die bad te lê en ontspan of om op te dress en op n romantiese date vir 2 te gaan en dalk rustig n bord kos te eet sonder dat die hoofgereg nog die volgende oggend in jou keel sit omdat jy dit te vinnig moes afsluk. Om betyds te wees vir werk in die oggende, om die skoon klere in die vuil wasgoedmandjie te kry as jy dit soek, die sleutels in een of ander laai te vind, en enige iets wat moontlik kan uit die toilet uit te haal is maar net n paar van die vele goedjies wat opgenoem kan word. Maar dan in die aande as dit stil raak in die huis en my kop soms nog draai van al die chaos en ek wonder of die term normaal ooit weer van toepassing sal wees op ons gesinnetjie besef ek dat alles moet wees soos dit nou is, dat vuil klere weer skoon gewas kan word, dat die tupper en speelgoed weer vannaand terug gepak kan word in die kas, dat geen love story mooier of beter kan wees as my eie storie nie. Om in my kar te ry, agtertoe te kyk en nie my kind se gesiggie te sien nie sal geen reis ooit weer die moeite werd maak nie. Dit los my met die vraag, wat was my lewe gewees voordat ek mamma genoem was? Want n mengelmoes van snot strepe, laat aande en deurmekaar oggende saam n klein mensie wat ek elke dag van voor af moet leer ken gee my die karakter van MA..... Normaal? En dan wil ek dankie sê dat ek geleer het dat die lewe oor baie meer gaan as skoon, netjies en perfek...
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 04:00:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015