Esegiel 18 vers 31 wat soos volg lui:Laat vaar al jul oortredings - TopicsExpress



          

Esegiel 18 vers 31 wat soos volg lui:Laat vaar al jul oortredings en kry n nuwe gesindheid, n nuwe gees. As u en ek deur die Bybelboek Esegiel lees en bepeins, dan sal ons agterkom dat Esegiel nie n maklike lewe as kind van God gehad het nie want sy vrou is van hom weggeneem en God het Esegiel versoek om geen trane oor haar te stort nie. Desondanks alles het Esegiel in die geloof en vertroue aan God vasgehou en daarom dien die gelese teksvers as n oproep tot u en my om ons oortredings nou onmiddelik stop te sit om dan na ware sondebelydenis die Here Jesus as u persoonlike Verlosser en Saligmaker te aanvaar. My liewe vriende ons leef min of meer in dieselfde sondige en afvallige tydvak as Esegiel maar dalk net met n effense verskil dat die begaan van sondes in ons tyd in felheid toeneem en so is God se beloftes besig om stadig maar seker tot vervulling te kom. Daarom die wekroep in hierdie middag om die gesindheid vd lewende Christus na te volg met n blywende geloof en hoop sodat die wereld en sy verganklikheide nie meer vir ons bind nie maar dat Christus die sentrale fokus van ons lewens sal wees sodat ons as Sy volgelinge ons Meester sal volg deur die verspreiding vd verlossingsevangelie van hoop, redding en saligheid aan almal wat daarna verlang om gevoed te word met die brood vd ewige lewe. Laat Sy Gees ons daartoe instaat stel deur die influistering en inwoning daarvan in ons geestelike harte. Sterkte leef, bepeins, bid en drink God se woord elke oomblik. Shalom
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 13:30:39 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015