Faks beswaar teen steenkool kragstasie na 0866017507 Steenkool - TopicsExpress



          

Faks beswaar teen steenkool kragstasie na 0866017507 Steenkool kragstasie kommentaar: Die belangrikheid van n plaaslike koerantjie kan nooit oor beklemtoon word nie maar kyk ons net die koerantjie deur of lees ons n slag wat daarin staan lees ons die fynskrif. Miskien is dit juis die fynskrif wat ons lewens onherroeplik gaan verander Hierdie gemeenskap se onstaan is te danke aan die boere en die boere bly die ruggraat van die gemeenskap. Steenkool het ontstaan oor miljoene jare tydperk en is kosbaar. Ingevolge Tender nommer : DoE004/13/14 word alle belanghebbende partye uitgenooi om voorstelle te doen om krag op te wek let wel die maksimum wat opgewek mag word is 5 MW terwyl die gemelde kennisgewing in die Herald melding maak van steenkool aanleg met kapasiteit van 10 MW. Die dorp benodig 20 MW. Om n steenkool kragstasie te bou kan tot 10 jaar vat om in bedryf gestel te word. Steenkool kragsentrales moet buite stedelike gebiede gebou word weens besoedeling en dit is die grootste lugbesoedeling oorsaak. Boukostes is hoog en instandhouding is baie hoog. 150 miljoen liter water kan gebruik word deur n kragstasie waarvan n groot gedeelte verlore gaan weens verdamping. Op navrae aan die betrokkenes meld hulle dat die steenkool kragstasie 100 000 liter per dag sal verbruik maar in dieselfde paragraaf meld hulle dat die verdamping sal 800 000 liter per dag wees. Logiese denke is mos belangrik by die neem van n besluit. Logika vertel my n mens rig n kragstasie op waar die steenkool is as dit vervoer word hiernatoe word die paaie stukkend getrap en motorongelukke neem toe. Bituminuese steenkool se produksie en verbruik het ernstige gevolge vir die omgewing dit lei tot lug- en waterbesoedeling en dra ook by tot toenemende konsentrasies van sogenaamde kweekhuis gasse in die atmosfeer. 90% van krag word opgewek deur die verbranding van steenkool en sowat 1.2% swawel word vrygestel met 45% as. Die vraag onstaan onwillekeurig waarnatoe word daar gegaan met die as van die steenkool. Indien daar gekyk word na die plek waar beplande kragstasie gebou gaan word waai die wind enige gasse wat vrygestel word na die dorp toe, Die opwekking van krag met steenkool dra by tot suurreën wat grond besoedel en plante vrek. Die verbranding van tien ton steenkool produseer een ton swaeldioksied en groot hoeveelhede swaeldioksied kan dodelik wees. Jaarliks sterf daar 2000 kinders aan asemhalingsinfeksies dat deur lugbesoedeling veroorsaak is. Die grond gaan besoedel word die water gaan besoedel word gaan bou die kragstasie waar die steenkool is en waar die plase alreeds besoedel is ons stukkie grond hier is kosbaar. Steenkool gaan blykbaar vanaf Delmas vervoer word per spoor tot op Frankfort. Of dit is die antwoord wat ek gekry het maar volgens my navrae is groot gedeeltes van die betrokke spoorlyn al weggedra en vir etlike kilometers bestaan daar glad nie meer spoorlyn nie. Behalwe vir dit verkies Transnet om groot hoeveelhede op n slag te vervoer soos 200 000 ton anders moet dit maar per vragmotor vervoer word. Niemand en ek herhaal niemand kan sê dat daar glad nie besoedeling gaan plaasvind nie en dit is elke mens se plig om die grond te bewaar vir die nageslag en sover moontliik besoedeling te stop. As Mafube munisipaliteit nie kon krag instand hou nie of nie administrasie kon hanteer nie moes daar net meer mense aangestel gewees het en nie uitkontrakteer aan Rural nie. As Eskom direk krag verskaf het aan verbruikers was die steenkoolkrag stasie nie nodig nie. Die Hoogland water skema is gebou om te sorg dat daar voldoende water vir die Rand beskikbaar is en vir die besproeiings boere laer af ons kan mos nie nou ook die Wilgerivier besoedel nie.Elke millimeter landbou grond is miljoene werd want dit moet vir die kinders van kos voorsien oor 10 of 20 jaar. Vir die Tyre Pyrolysis proses word ook steenkool gebruik. Die aktiewe leeftyd van die stelsel is 15 jaar. Wanneer bande verwerk word moet alle staal en metale verwyder word. Hoeveel bande is daar regtig in die omgewing van Frankfort en as hier nie meer bande is nie moet daar met vragmotors aangery word nog verdere verkeer op die pad. Daar word ook melding gemaak van die oprigting van sonpanele dit is nie duidelik hoe kan sonpanele opgerig word op dieselfde plek waar stoom voordurend vrygestel word die maksimum herlaai vermoe kan dan mos nie gebruik word as daar voortdurend stoom is nie Alternatiewe is beskikbaar in die vorm van hidro elektrisiteit. Hidro elektrisiteit bestaan al 2000 jaar en beskik Frankfort en Villiers oor voldoende water vir die opwekking van krag. Hydro opwekking het bykans geen instandhoudings koste nie en kan jare lank hou. Geen besoedeling vind plaas nie want die water word net teruggelaat in die rivier. Verdere kennisgewing is ook opgesit vir die uitbreiding van die water instandhouding en eintlik gaan Frankfort inwoners betaal vir die uitbreidings, Die nuuste is in klein skrif gepubliseer n papier verwerkings aanleg. Skindertonge vertel my die reuk van so n aanleg is ondraaglik. Ten minste sal niemand weet wanneer n windjie gelos is nie want die reuk hang in elk geval in die lug.
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 06:38:56 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015