Families in die algemeen, en in huwelike, beleef groot uitdagings - TopicsExpress



          

Families in die algemeen, en in huwelike, beleef groot uitdagings en aanslae op verskillende fronte, en dit is vir die Here, en vir ons, van die allergrootste belang. Dit gaan oor ons verhoudings in huwelike, en andersins met mekaar, veral ons as kinders van God, ja die familie van God.”Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.”Waarom raak ons met tye, in gesinsverband,met mekaar so haak en tak? Uiteindelik sit van ons eensaam en alleen op die rak, en dit oor ’n hele spul twak. Romeine 7:18 ”Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.”Elkeen van ons sit met persoonlikhede, so onbeweeglik en sterk soos yster.Wanneer ons met mekaar bots,moet ons mooi na die situasie kyk, en luister,want deur dit wil die Here iets in ons oor fluister.Psalms 19:2 ”Die een dag stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan.Vonke die spat in die donker,soos ons teen mekaar skaaf en skuur dit steek aan ’n smeltende vuur om te vernietig ons bedorwe ou natuur,wat juis veroorsaak die skeidsmuur.Psalms 118:27 ”Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.” (So bind die Here ons aan mekaar vas want die vlees, eie ek, moet sterwe!) Die een sê: ”Ek is reg, en jy verkeerd”,Die ander sê: ”Nee, Jy is verkeerd en ek is reg;So sê ons mekaar sleg.Nou wil families, man en vrou van mekaar skei, soos ons met mekaar stry en baklei. Galasiërs 5:15 ”Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.”Slegte nuus: In nuwe verhoudings en selfs huwelike gaan dieselfde ding,groot ongelukkigheid bring.So waar ons ook al gaan sal ons dieselfde ongelukkige deuntjie moet sing. Dierbares, yster slyp yster,wat ons soms verbyster.en dit behoort vir elkeen van ons te wees:God se rigtingwyser, ja, en ook ons onderwyser!
Posted on: Mon, 15 Jul 2013 04:03:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015