GENERAL Pa en dogter sing lekker saam THE Hawks, bestaande uit - TopicsExpress



          

GENERAL Pa en dogter sing lekker saam THE Hawks, bestaande uit Kobus Joubert en sy dogter Isabel Erasmus, het een lied op Local is Lekker se nuwe CD. Hulle gaan nou saam met Local is Lekker toer. THE Hawks, bestaande uit Kobus Joubert en sy dogter Isabel Erasmus, het een lied op Local is Lekker se nuwe CD. Hulle gaan nou saam met Local is Lekker toer. ...show less The Hawks skryf hul eie liedere 27 November 2013 | Annalie Anticevich MOEILIKE tye het n pa en dogter van Rhodesfield se nuwe sangloopbaan help vorm. Kobus Joubert en sy dogter Isabel Erasmus, van die sangduet, The Hawks, het in 2010 hul eie liedjies begin skryf. Hulle is deur swaar tye nadat vier mense na aan hulle in vier maande dood is. Voor dit het hulle sedert 1996 saam opgetree, maar het ander se musiek gesing. Hulle het in hul donker tonnel na die inspirasie van die boek, The Secret, besluit om al hul gevoelens neer te skryf. Dis toe dat hulle sien dit sou goeie liedjiemateriaal wees. Met Kobus afgetree en Isabel wat voltyds ma is, spaar hulle hul geldjies om n lied op te neem. So het hulle hul eie CD, The Beginning, hierdie jaar uitgereik. Isabel het die liedere na radiostasies ge-epos. Hulle het ook verskeie kere opgetree waar hulle hierdie liedere gesing het. By een van hul optredes het Eugene Havinga en Edwin Oliphant hulle raakgesien en die twee n kontrak by die platemaatskappy, Local is Lekker, aangebied. The Hawks se lied, Shattered Hearts, pryk nou op Local is Lekker se kombinasie CD, Legends in Training, saam met ander opkomende kunstenaars se liedere. Dié lied was al nommer een op verskeie plaaslike radiostasies. Die twee sê hul musiek val nie binne n genre nie. Oud en jonk sal hiervan hou, want elke lied klink anders. Hulle sing in beide Engels en Afrikaans. Kobus het vir jare gedroom om sy eie orkes te hê. Hy het altyd gesê dit sal The Hawks wees en toe hy saam met Isabel begin optree, het hulle besluit om die naam te behou. Hul liedere word meestal spontaan gebore wanneer beide woorde neerskryf of wysies kry wat hulle in liedjies omsit. Baie keer is hulle met huisskoonmaak besig wanneer n lied in hul koppe opkom. Dan neem hulle dit op met die selfoon om saam te kan verwerk. Kobus sal die wysie op die kitaar tokkel, maar hulle gebruik nie musiekinstrumente op die verhoog nie. Wat die toekoms betref, droom hulle van ten minste een groot treffer wat internasionaal opspraak sal maak. Isabel sê sy sal graag soos BZN oor die wêreld wil toer om te sing. Hulle wil ook graag sien dat mense hul musiek geniet soos hulle daarvan hou om dit te komponeer. Die onmiddellike toekoms saam met Local is Lekker sluit verskeie optredes in gedurende n landswye en internasionale toer. Die twee is dankbaar vir hul gesin se ondersteuning. Ma, ook Isabel, en Benjamin Erasmus, Isabel junior se man en hul seun Ricardo (9), ondersteun hulle waar hulle kan. Hulle glo ook aan teruggee aan die gemeenskap en hul passie vir musiek met almal te deel. Hulle is reeds betrokke by n huis vir gestremdes. « Back
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 18:18:08 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015