Goeie more mqi. N geseende dag vol met liefde, geluk en gesondheid - TopicsExpress



          

Goeie more mqi. N geseende dag vol met liefde, geluk en gesondheid geniet. Gister se voetspore is toe gewaai onder die sand. Mag die vars voetspore van more jou lei na God se seen, Strome van liefde en Branders van geluk, Golwe van heerlikheid in JESUS se vrede.Jesus is die hande wat jou vashou. Liefde wat jou optel as jy moeg is, arms wat jou stut as jy struikel, hoop vir elke dag. Onthou jy is NOOIT alleen. -̶̯͡┈̥⌣ -̶̯͡┈̥⌣ GEBED: N Dankie-se gebed. Here, voor U raak ons stil, Dankie. Heer, dat U ons Heerser, Leidsman en die sterk anker van ons lewens kan wees. Ons dank U, dat U ook ons krag en sterkte sal wees, maar die groots van alles dat U ons nooit gefaal het nie. Dankie dat U altyd daar is vir ons - mag ons dit nooit vergeet nie ! Vader help ons in ons vroee more - gebed om altyd te onthou al lyk alles soms donker om ons, is daar altyd n uitweg en n oplossing vir dit wat dalk na donkerte mag lyk, Want U is altyd daar om ons stap vir stap te lei en sterk te maak teen enige dreigende donkertes wat mag kom. Dankie Heer, dat U in elke dag se daaglikse behoeftes voorsien, dankie dat U ook ons groot Voorsiener is elke dag. Dankie Heer dat U altyd daar is vir ons vandag, more en vir altyd. Amen! Shalom. -̶̯͡┈̥⌣ Geniet n geseende en Jesus gevulde dag. Lief julle met Jesus liefde
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 06:03:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015