(Gordon) GELDELIKE GEVARE Ál meer Suid-Afrikaners kry elektriese - TopicsExpress



          

(Gordon) GELDELIKE GEVARE Ál meer Suid-Afrikaners kry elektriese heinings om skurke uit te hou, maar hulle kan hulle vasloop in pynlike finansiële gevolge indien hulle nie kennis neem van streng nuwe wetgewing nie. Wetgewing vereis dat slegs gesertifiseerde installeerders heinings mag oprig. Alle installeerders van elektriese heinings moet teen Oktober vanjaar ’n eksamen aflê voordat hulle geakkrediteer kan word. Daar is baie min gesertifiseerde installeerders. Die Vereniging van die Suid-Afrikaanse Elektriese Heining-installeerders verwag dat daar teen Oktober slegs 300 geakkrediteerde installeerders in die land sal wees. Nie net sal die eienaar duur regskoste moet opdok nie, maar hy loop ook die risiko van strafregtelike vervolging. — Marike van Niekerk, MUA Insurance Acceptances 1. Indien jou elektriese heinings nié deur ’n gesertifiseerde installeerder opgerig is nie, kan jou versekeringseise verwerp word, sê Marike van Niekerk, regsbestuurder by MUA Insurance Acceptances. Enigiemand wat ’n elektriese heining installeer of opgradeer, moet voldoen aan Regulasie 12 van die Regulasies vir Elektriese Masjinerie van 2011. Dié wetgewing vereis dat alle nuwe, opgegradeerde of herstelde elektriese heinings voldoen aan die bedryf se streng regulasies en dat die huiseienaar ’n sertifikaat van voldoening, uitgereik deur ’n gesertifiseerde installeerder, moet hê. 2. Daarby kan die huiseienaars ook aanspreeklik wees indien iemand seerkry weens die heining – dit sluit oortreders op jou eiendom in. “Enige eise vir regsaanspreeklikheid omdat jy nie aan die wetgewing voldoen nie, word uitgesluit van jou dekking as deel van jou huiseienaarsversekeringspolis.” 3. Indien jy ’n eiendom met ’n elektriese heining verhuur, en iets skeefloop, kan jou huurder jou ook verantwoordelik hou indien die installering en instandhouding te kort skiet. “Nie net sal die eienaar duur regskoste moet opdok nie, maar hy loop ook die risiko van strafregtelike vervolging.” 4. Indien jy jou huis verkoop, sal dit nie aan die volgende eienaar oorgedra kan word indien ’n sertifikaat van voldoening vir die elektriese heining nie aan die oordragprokureur getoon kan word nie. 5. ’n Eienaar kan strafregtelik vervolg word indien sy elektriese heining nie duidelike waarskuwingstekens toon nie, soos vereis deur wetgewing. Die tekens moet van die sypaadjie en die oprylaan af sigbaar wees, sê Van Niekerk. 6. ’n Elektriese heining mag nie oorhang op ’n buureiendom nie. Eiendomseienaars moet ’n klousule in hul huur- of verkoopskontrak insluit oor die verantwoordelikheid en vereistes van die elektriese heining, raai Van Niekerk aan
Posted on: Sat, 22 Jun 2013 07:10:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015