Hansie Smit JOU NUWE REALITEIT. Ons ken almal die krag van - TopicsExpress



          

Hansie Smit JOU NUWE REALITEIT. Ons ken almal die krag van negatiwiteit. Die krag van vrees en bekommernis. Die krag van haat en bitterheid. Maar NOU, sê die HERE, gaan Ek vir JOU die krag van GELOOF leer. Die krag van My NAAM en My BLOED. Die krag van LIEFDE en VERGIFNIS. Die krag van GEBED en van die WOORD. Die krag van jou TONG en jou GELOOFS-OOG. As jy gedink het die duisternis is sterk .... wel, duisternis kan nie bestaan in die teenwoordigheid van LIG nie. “En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie” (Joh 1:5). Die krag van die WAARHEID oorwin die leuen. Jy is GESKAPE om My asemrowende KRAG 24/7 te beleef, sê die Here. Never settle for second best. DEURBRAKE is jou nuwe REALITEIT. Jy is GEBORE vir ‘n dag soos hierdie!!!
Posted on: Sat, 31 Aug 2013 20:51:18 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015