Here Jesus, hoe wens ons nie soms ons was nog soos kinders; - TopicsExpress



          

Here Jesus, hoe wens ons nie soms ons was nog soos kinders; sorgvry en versorg. Vader, selfs al is kinders nie deur hul ouers versorg nie, is hulle tevrede om in die omstandigehede te leef waarin hulle is. Here Jesus, of die peutertjie nou arm of ryk, ‘n stukkende broekie of die mooiste rokkie aan het, dit gaan hulle nie aan, maar net die liefde wat hulle ontvang is van belang. Wie hulle maatjies is maak ook nie saak nie, want dit wat op daardie oomblik gebeur is al wat van belang is, nie wat more gaan gebeur, of waar die maatjie gister hom of haar met ‘n klip gegooi het, of die speelgoed gegryp het nie. Vader, die belangrikste is: “Hy of sy doen dit nie nou nie.” Abba, gee ons die insig, die bereidwilligheid om ons lewe so te vergemaklik soos die van ‘n kind, sodat ons die Koninkryk van die Hemel ook kan beêrwe. Vader, U ons Pappa, ons U prinsies en U prinsessies. Amen. Skrif Jakobus 2:8-13 As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste lief hê soos jouself” dan doen julle reg. Maar as julle mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortredders. As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie. God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moordpleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog ‘n oortreder van die hele wet. Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak. Die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel. Gebed Abba, Pappa, as kinders was ons gehoorsaam aan ons aardse pappas deur U aan ons gegee, en wanneer ons nie gehoorsaam was nie het hy ons getugtig en ons het geluister sodat ons die roede gespaar kan word. Toe Vader, toe word ons groot, toe word ons net soos ons ouers en leef met oordeel teenoor die wat nie vir ons iets kan beteken nie, die wat nie aardse besittings het nie. Vader, die wat nie soos ons lyk nie, die wat nie ons taal praat nie. Here, ons sien selfs verkeerde dinge, sondes teen U van hierdie selfaangestelde hooghartiges, aangestel oor die minderbevooregtes. Vader, hoe hulle ander vertrap en ons sê niks nie, want ons wil tog net nie onder hulle gunste en gawe uitbeweeg nie. God Almagtig, ruk die donkerbrulle van ons oë af en gee vir ons vergrootglase om deur te kyk en raak te sien dat ons nie besig is met die dinge wat ons die koninryk sal laat beêrwe nie maar wat ons gelykstel met dit wat in die wêreld aan die gang is. Vader, wyse Salomo het gesê: “Gaan na die miere en word wys.” Laat ons toe om na die kindertjies, die peutertjies toe te gaan en ons lewens uitkyk te verander na die van ‘n kind. Here, waar kinders mekaar niks meer as net liefde bied, ‘n verstaan dat as jy nie liefde gee dan is jy nie deel van dit wie ons is nie. Vader, dat dit niks te doen het met wat ons vandag aan het nie, of in watter deel van die dorp ons bly nie. Here, nie of ons ‘n christen of ‘n mohamedaan, ‘n jood of hindu is nie, wit of swart nie; maar net ‘n maatjie wat die een reël nakom, die reël deur U ingestel, naamlik: LIEFDE GEE. Die wet wat ons vry kan maak van egbreuk, moordpleeg, selfsugtigheid en derglike sondes wat ons weghou van die ewigheid. Here Jesus, gee ons harte van empatie, barmhartige harte, harte wat die mens, U skepping raak sien en nie besittings of selfs die sonde raak sien nie. Vader, sodat U oordeel nie onbarmhartig oor ons gaan wees nie, want die oordeel waarmee ons oordeel gaan ons geoordeel word. Jesus, Seun van God, asseblief tel ons op U skoot sodat ons U hartklop kan hoor. Vader, U liefde vir ons aan die wêreld kan wys. Here, dat die wat vir die wêreld leef met ongeduld ons posissie sal begeer en hulle lewens in orde kry om ook saam met ons op U skoot te sit en na die verhale van ‘n gehoorsame Moses, ‘n gelowige Abraham en baie ander kan luister en dan so leef, Jesus leef. Amen
Posted on: Sat, 16 Nov 2013 05:09:57 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015