Hi Skinderbekkies ANONIEM asb Sal julle die volgende vir my - TopicsExpress



          

Hi Skinderbekkies ANONIEM asb Sal julle die volgende vir my plaas asb? Ek het op die oomblik baie skuld en alhoewel ek nog nooit n paaiement van enige aard gemis het nie, het ek op die oomblik nie meer kontant om op daaglikse noodsaaklikhede uit te gee nie. Ek begin nou benoud te voel veral met alles se kostes wat opgaan ens Ek was na die banke toe en kwalifiseer nie vir “debt consolidation” nie want volgens my credit score kan ek nie nog skuld bekostig nie. Ek persoonlik weet ek kan nie meer bekostig nie maar sal iets moet doen om kontant beskikbaar te kan maak daarom het ek gedink om alles te laat konsolideer om een premie te he wat laer is dan het ek geld na die tyd beskikbaar. Aangesien ek nie kwalifiseer by die banke nie, weet enige iemand hoe anders mens hier te werk kan gaan? Ek moet n oplossing vind maar is nie seker wat my opsies op die stadium is nie? Ek wil nie begin agter raak met paaiemente nie so ek kan nie minder op paaiemente betaal n maand as wat ek moet nie, enige raad is welkom?
Posted on: Wed, 17 Jul 2013 19:56:46 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015