Hierdie is blykbaar deur Nataniel geskryf, maar dan - TopicsExpress



          

Hierdie is blykbaar deur Nataniel geskryf, maar dan weer… Vanoggend terwyl ek (minding my own business-as men normally do) op die snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien ‘n vrou hier langs my … in ‘n splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk, besig om maskara aan te sit. Kan jy dit glo? Ek het net vir ‘n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar maskara. Nou kyk, as ‘n man, skrik ek normaalweg nie maklik nie. Maar die vroumens het my so die horries gegee dat ek my elektriese skeermes uit my hand laat val het, wat op sy beurt die “Steak & Kidney pie” uit my ander hand laat glip het en ‘n gemors op die “gearlever” laat los het. In die hele deurmekaarspul – terwyl ek die kar probeer stuur met my knieë – glip die selfoon toe weg van my oor, drop in die vuurwarm Wimpy koffie tussen my bene, verbrand vir grootseun en die tweeling dat ek gil van pyn en natuurlik my sigaret voor in my hemp laat val. Die gevolg: my selfoon in sy glory, my broek papnat, my nasaat masjien uit aksie vir wie weet hoe lank, my beste hemp vol gate gebrand en ek het boonop ‘n belangrike oorsese oproep verloor. vroumens-bestuurders…………………
Posted on: Thu, 05 Sep 2013 10:18:27 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015