Hoe trots dra ek aan die wapen op my bors Al die dril, swoeg en - TopicsExpress



          

Hoe trots dra ek aan die wapen op my bors Al die dril, swoeg en sweet, aan hoë standaarde word ons gemeet Die bang maar tog lekker gevoel van ‘n wapen in jou hand Die harde ontnugtering van die lewe se ander kant Andrenalien wat pomp ... Skote wat klap Soms wens jy dat jy hom dood kan klap Tande kners Trane sluk Uithou vir net nog ‘n ruk Hardheid neem oor, wat bly oor? Vriendelik begroet jou gesin jou by die deur Om daai lyfies net vas te hou vir nog ‘n keer Hoe dink jy moet ek my kinders leer Dat pappa of mamma dalk nooit more terug sal keer Klouende handjies, nat gesiggies, smeekende gebedjies hoe aanvaar ons maar net more kom weer? Het jy ‘n idée, kan jy jou indink die seer Wat menige polisiemanne en vroue verteer Boek hul in Vista of Denmar vir ‘n ruk Weet jy dat hul lewenslank pille sluk Die ou lewe se geweld het hul harte stukkend geruk Party het geleer om dit op ander maniere af te weer Draf elke dag ‘n ruk, slaan ‘n boks sak dat hy hik Dalk moet hul maar ander lande probeer Kry net uit jou gestel wat jou asem laat verstik Maar die prentjies is diep in jou geheue gegrafeer? Sommige soek bevryding in ‘n glas of bottel dop Besef jy die seer wat die mensdom se stukkende lewens Op hierdie manne en vroue projekteer Jare en jare gaan verby en geen bevordering Ag, staan maar weer agter in die ry Jou velkelur sal jou onderkry! Stel net weer en weer onkundige mense aan Die ou Polisie manne en vroue sal hul mos leer Standaarde val kriminele infiltreer Hoeveel polisie manne word nou gearresteer Dan voel ek skaam om daai wapen op my bors te paradeer Al wat ons daagliks kan doen is om met Onse God te kommunikeer Om te bid en te glo saam met Hom sal ons triomfeer Om te huil saam met gesinne wat iemand aan die dood afgestaan het. Te sorg dat jy jou lewe geniet al was dit jou laaste rit saam met jou seun Al is die geweld sinneloos, so help my God! EK IS SO TROTS OM N POLISIEMAN/VROU TE WEES!!!
Posted on: Mon, 15 Jul 2013 04:08:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015