Joh.10:11."Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder le Sy lewe af - TopicsExpress



          

Joh.10:11."Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder le Sy lewe af vir Sy skape." (Christus is jou Herder, Hy ken jou beter as enige iemand anders. Hy jaag jou nie aan nie. Hy loop vooruit, en van tyd tot tyd roep Hy jou as jy te ver afdwaal. Party keer luister jy nie na Sy stem nie, en as jy gly en val, dan kom Hy en tel jou op. As jy verlore raak, kom soek Hy jou totdat Hy jou vind, en dan tel Hy jou op Sy skouer en dra jou terug na die trop toe. Hy weet daar is n wolf (die duiwel) wat daarop uit is om jou te vernietig, maar die Goeie Herder sal dit nie toelaat nie, Hy is bereid om Sy lewe vir jou af te le, inteendeel, Jesus het reeds die prys vir jou betaal aan die Kruis. Het jy al vir Christus as jou Herder aangeneem? Want net Hy kan jou teen die duiwel beskerm. Baie mense ken Psalm 23, maar min mense ken die Herder in Psalm 23.)
Posted on: Thu, 01 Aug 2013 00:00:34 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015