KOMPAS-KURSUS: VIR JOU HUWELIK! Probleme en trauma in ons lewe - TopicsExpress



          

KOMPAS-KURSUS: VIR JOU HUWELIK! Probleme en trauma in ons lewe maak dat ons almal op een of ander stadium rigtingloos deur die lewe worstel. Ons besef in sulke tye dat ons lewensvaardighede tekort skiet en dat ons onsself dikwels nie verstaan nie. Daarom bied ons Kompaskursusse in ons gemeente aan. Kompas help ons: • Om die invloed wat probleme op ons lewe het, te verstaan, te beveg en weer rigting te kry • Om persoonlik verryk te word en te groei • Om beter insig in ons eie lewe te kry en om ander mense beter te verstaan • Op die pad van heelword • Om ons verhoudings in ons huwelik te herstel Temas wat hanteer word: • Wat is die belangrikste element vir jou huwelik? • Watter effek het trauma op jou huwelik? Spreker: Dr. André Botha Datum: Vrydag 18 Oktober van 17:00 – 21:00 en Saterdag 19 Oktober van 07:30 12:00. Aandete, ligte ontbyt en verversings sal voorsien word Koste: Enige persoon is baie welkom by hierdie geleentheid. Enkel persoon: R200-00 per persoon Egpare: R350-00 per paar Kontakpersoon: Alet Reynders 082 927 9888
Posted on: Mon, 30 Sep 2013 08:37:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015