Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk. “Pa” vra hy, “Wat - TopicsExpress



          

Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk. “Pa” vra hy, “Wat is die verskil tussen ‘kwaad’ en ‘woedend’?” “Kom ek wys jou” sê Koos. Hy tel die telefoon op en druk sommer ‘n paar nommers. “Hallo,” antwoord ‘n stem aan die ander kant. “Hallo,” sê Koos, “Is Johannes daar?” “Nee,” antwoord die stem aan die ander kant. “Daar is nie n Johannes hier nie!!.” “Sien jy,” sê Koos vir sy seun. “Daai oom is glad nie in sy noppies met my nie. Hou dop wat nou gebeur.” Koos skakel weer dieselfde nommer. “Hallo, is Johannes daar?” “Luister hier,” antwoord die man vies.” “Ek het mos gesê hier is nie ‘n Johannes nie! Hoe durf jy weer die nommer bel!” “Het jy dit gehoor?” vra Koos vir sy laaitie. “Dit was ‘kwaad’. Nou gaan ek jou wys hoe lyk woedend.” Koos skakel weer die nommer. Toe die man antwoord sê Koos: “Hallo! Dis Johannes hier. Was daar enige oproepe vir my???
Posted on: Wed, 19 Jun 2013 06:03:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015