LILIAN SE NUWE HARE TART ’N MENS 2013/07/07 EK HET Maandag - TopicsExpress



          

LILIAN SE NUWE HARE TART ’N MENS 2013/07/07 EK HET Maandag gegil toe Xander Charmaine vertel sy moet haar bek uit ander mense se sake hou. Ja, goed, Xander, jy is ’n self ’n man-hoer-slet, maar dit was vreeslik lekker toe iemand Charmaine uiteindelik die waarheid vertel. Gepraat van biesag, wat makeer Bonita met die floral baadjie bo-oor die floral blouse? Is dit Lentedag in daai kind se kop? Hou op! Almal weet jy’s ’n florist. Ek hoor toe mos Oppie­koffie bestel gorgonzola-kaas by die Deli. Wat weet Charmaine van gorgonzola? Dis baie duur en ’n mens gooi dit nie in breyani, tamatie­bredie of enige van die vaal kos wat sy maak nie. Dis maklik net cheddar, maar hulle wil mos posh klink. Emma is nou die kosredakteur en Matrone is haar assistent. Really, Emma? Hoekom dink Matrone sy’s in MasterChef? Ek het dié week uitgevind Matrone dra ook ’n pruik. Maar haar pruik lyk só realisties, so hoekom lyk Felicity en Vanessa soos daai BEE-klerepoppe in Woolworths? Nadia, Gerda en Dewald is nou by dwelms. Dit was duidelik nie verlede week genoeg dat skoolkinders in kroeë uithang nie. So dié week rook Dewald toe dagga en vertel Nadia sy moet “chillax” en saam rook. Die jeug is buite beheer en sonde is hul speelgoed. Vanessa is die heeltyd vreeslik naar. Mense wat oulik gemaak het en nou ’n babatjie verwag, raak ook vreeslik naar en irriterend. Ek sê nie Vanessa is pregnant nie, maar ek wil noem dat sy en Xander al maande lank nie meer ougat maak nie, so wie se kind kan dit wees? Hoe was Turkye, Vanessa? Xander en Ryno gaan nou die Times op die internet sit, maar die aanlyn personeel en die gewone personeel is dieselfde mense en word nie ’n sent ekstra betaal nie. Iemand, bel ’n union, asseblief. Kim dink haar persoonlikheid is chunky en eksoties en haar juweliersware vir die fashion show moet daarby pas. Meisie, jy is só ver weg van die werklikheid verwyder dat ek bang raak, veral aangesien ál daai jewellery van jou erg k*k lyk. Lilian se nuwe hare tart my en ek begin dink sy is aspris. Wie doen dít nou nog aan hulself? Dis 2013. Die rakke is vol produkte, vrou. Hou asseblief op om ons bruin mense só op nasionale TV te represent. Ek het agter daai dik weave ’n vonkel in Nthabiseng se ogies gesien. En as sy haar BEE-kaarte reg speel, kan sy mos haar pappa se erfgeld slim gebruik en Gita van haar troon af skop. By the way, weet enigeen waar onse Gita is? Daar brand Sifiso toe die hele donnerse circus af. Jy kan nou wragtig niks reg doen nie, maar ek is vreeslik dankbaar vir daai hare wat gesny is. Almal met jou draad is vreeslik dankbaar, want jy’t die mense net embarrass.
Posted on: Sun, 07 Jul 2013 12:29:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015