Lucy: Daar is soveel liefde toevertrou aan my.En ‘n deel - TopicsExpress



          

Lucy: Daar is soveel liefde toevertrou aan my.En ‘n deel daarvan bied ek net vir jou.Ons paaie kruis met ‘n doel, om mekaar by te staan.Iewers langs die pad loop ons nader aan mekaar.Die dele waar jou pad slaggate het, of dalk waar myne verweer. Met woorde kan ons mekaar op lig bied.Met ‘n glimlag en ‘n skaterlag kan alles verander.‘n Sakdoek in die vorm van ‘n trooswoord.Maar altyd net om as vriende met mekaar te gesels.Al wens ek soms dat ek aan jou kan raak.Al wens ek soms om jou teen my vas te druk.Al wil ek graag in jou oë kyk om jou siel te voel.Soms sou ek graag jou hand in myne wil voel.Maar elk van ons staan tog op ‘n ander eiland.Omring deur stormwater en on-oorkombare duiningsIs ons in die gees aan mekaar geweef.Die Here self het ons paaie so bewerk want elk het ‘ ander nodig. Al staan jy daar en ek hier, is ons paaie tog ook een.Al kan ons net gesels is jy tog ‘n onmisbare deel van my. ({})
Posted on: Wed, 06 Nov 2013 15:32:40 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015