Lus vir kitskos oor die naweek, probeer hierdie lae-vet - TopicsExpress



          

Lus vir kitskos oor die naweek, probeer hierdie lae-vet kaasburger. Gebruik maer maalvleis om die kalorieë te sny, en ’n eiergeel om die vleis te bind eerder as broodkrummels. Bestanddele 500 g ekstra-maer beesmaalvleis 30 ml vars koljander, fyngekap ½ ui, fyngekap 15 ml Dijon-mosterd 1 eiergeel 15 ml olyfolie gerasperde Gruyere-kaas na smaak 1 rooi-ui, in dun skywe gesny 4 volgraan-hamburgerrolletjies vars roket Aanwysings Meng die maalvleis, koljander, ui, mosterd en eiergeel in ’n bak en geur met sout en peper. Meng goed, verdeel en vorm in vier vleiskoekies. Sit die vleiskoekies vir 30 minute in die yskas sodat hulle nie uitmekaar val nie. Braai oor ’n matige tot hoë hitte vir agt minute aan ’n kant. Strooi kaas oor en sit in ’n warm oond tot die kaas begin smelt. Maak nou die hamburgers met die rolletjies, vleiskoekies, rooi-uie en roket. Genoeg vir vier. 2012-12-09 Rapport
Posted on: Fri, 21 Jun 2013 17:03:12 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015