Markus 11:25 ”En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle - TopicsExpress



          

Markus 11:25 ”En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.” Onvergewensgesindheid maak ons hard en bitter,in plaas van skoner en witter. Hardheid van hart vermeerder eenvoudig ons eie smart.Om te vergewe bring vir ons nuwe lewe.Dit neem die doodsheid in ons binneste weg,en verwyder alles wat boos is en sleg!Om griewe teen mense te hou is soos om klippe te kou Ons ontvang die loon daarvoor,Vriende, familie en kennisse begin ons vermy,want ons is besig om teen die waarheid te stry! Twyfel, vrees en verwarring,begin aan ons te karring. Ons probeer die werklikheid van ons probleem te ontvlug;mense rondom ons word daardeur ontstig,soos ons gedurigdeur ons griewe teenoor andere lug.Ons raak sensitief oor wat mense van ons sê;as ons nie ons sin kry,oor wat ons graag wil hê!Ons soek geleentheid om wraak te neem, teen die skuldiges om ons heen. Romeine 12:19”Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.” Ons gewete sal ons bly pla;ons sal aanhoudend oor ons eie seer bly kla. So sal ons altyd allerhande onnodige vrae oor die lewe bly vra. Kom ons probeer nie meer onsself verontskuldig;wees met almal rondom ons geduldig ~laat die liefde in ons harte vir mekaar vermenigvuldig.Moenie op mense wat ons te na kom, spioeneer;om ’n geleentheid te soek om hulle te ruïneer! Romeine 13:10 ”Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” Efesiërs 4:32 ”Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” Laat ons hierdie sonde voor die Here, en ons medemens, bely en so oorwinning daaroor verkry.Ja, kom ons spreek hulle vry dan word ons eie harte,en die van andere, weereens vredevol en bly.Vergifnis is die sleutel van die deur van ons geestelike tronk.
Posted on: Mon, 11 Nov 2013 03:39:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015