N BAIE BELANGRIKE BOODSKAP Jy het jou eie kruis om te dra. Moet - TopicsExpress



          

N BAIE BELANGRIKE BOODSKAP Jy het jou eie kruis om te dra. Moet dus nie n kruis op jou skouers plaas wat God jou nie gevra het om te dra nie. God het jou geroep om jou eie kruis te dra. Sy kruis vir jou sal n kruis wees wat jy wel op jou skouers kan dra elke dag.want hy gee jou mate van genade volgens die kruis wat Hy wil he jy moet dra en genade in jou hande en genade in jou hart om jou kruis daagliks uit te leef. Hy rus jou toe met die genade daarvoor. As jy iets probeer dra wat God eintlik aan iemand anders vra, sal Hy Sy genade aan daardie persoon gee, maar nie aan jou nie. God verwag nie dat jy n ander een se kruis moet dra nie. Luk 9:23. Toe het Hy vir almal gese; As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloen, elke dag SY KRUIS opneem en My volg.
Posted on: Thu, 07 Nov 2013 13:40:19 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015