N KOUE NAG: Dit was bitter koud gister-aand en antie het die - TopicsExpress



          

N KOUE NAG: Dit was bitter koud gister-aand en antie het die hoendertjies so jammer gekry dat antie maar vir hulle geseg het hulle moet onder antie se kateltjie kom slaap. Antie het ook mooi geseg hulle moet nie raas nie en ook nie vuil maak nie. Elkekeer wanneer antie in die nag omdraai, gee die een hennetjie ‘n klein kêkkeltjie soos die katel se springs. Toe die hoenders eers in die huis is, staan antie se ram (Captain Morgan) and hom se ooi (Vygie) en bewe by die agterdeur en antie seg hulle moet maar in die gang slaap en moenie mors nie; knyp maar eerder. Daar kom die makoue toe ook aangedraf en antie seg hulle moet spaarkamer toe, maar toe hulle by die deur van die spaarkamer kom, steek hulle vlerke-twee-voet vas en klou aan die deurkosyn asof hulle ‘n gees sien. Antie dink hulle het seker die vere geruik waarmee antie die duvet mee gestop het! Antie seg toe hulle moet maar eerder onder die eetkamertafel slaap. Saam met die makoue, sluip ...die eende in en antie tap vir hulle louwater in die bad en seg hulle moet nie rond duik en die plek bemors nie. Vanoggend, toe antie se haan onder antie se kooi kraai, strik antie haar se selwers in ‘n ander gedaante in. Antie vlieg uit die kooi, dog die vyand val Holbrandfontein aan, strik antie se tolletjies uit antie hare en wag vir die bloed om van die kop na onder te loop. Amper is antie se flanny pajamas papnat. Antie het skoon die verkeerde slipper aan die verkeerde voet en met die dwarsvoete trap antie rond soos een wat die Charleston doen. Antie pluk die venster oop en die hoendertjies spring-vlieg uit en hardloop vir die werf! Captain Morgan staan met hom se bene gekruis by die voordeur en die makoue en eende doen makieriepas by die agterdeur. Dominee seg toe hy vanoggend oor die heining kyk, lyk dit soos Noag se Ark wat geland het; al wat dier is bestorm ‘n boom of bos!
Posted on: Wed, 05 Jun 2013 05:23:44 +0000

Trending Topics




© 2015