Robena ShortSiervos de Dios-Dienaars van God Meeste van ons - TopicsExpress



          

Robena ShortSiervos de Dios-Dienaars van God Meeste van ons verbeel ons dat ons in God se oë maar net een van die miljoene is. Ons weet dat die meeste mense dink ons is nie belangrik nie en daarom neem ons dus aan dat God op dieselfde manier aan ons dink. Maar, God is nie soos die meeste mense nie. Ons voel dat God witbroodjies het en ons dink dat ons baie ver onderaan die lys is. Maar ons sal sien dat hierdie een manier is waar gevoelens nie met die realiteit ooreenstem nie. Vir God is jy spesiaal! Vier redes waarom God niemand anders bo jou stel nie 1. God se Seun het sy laaste druppel bloed vir jou gestort!. God het jou met Sy hele hart lief. Hy het jou lief met elke spikkel van Sy Ontsaglike groot liefde. Dit beteken dat dit nie saak maak hoe lief hy ander het nie, Hy kan onmoontlik iemand anders meer liefhê as wat Hy jou liefhet nie. n Vrou het oor bogenoemde paragraaf geskryf: Ek wou só graag sê, God het my lief met sy hele hart? Komaan! Dit is n wonder dat hy my enigsins liefhet! Grantley, jy oordryf te veel! Maar die Here het my met Joh. 17:23 stilgemaak: Ek in hulle en U in my. Sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U my gestuur het en hulle liefhet net soos U my liefhet. Ek kan nie daarby verby kom nie; Ek kan nie daaronder wegkruip, of oor dit klim nie. Al wat ek dus kan doen, is om daardeur te gaan, dit te absorbeer en in te neem sover ek gaan. Christus is in my - en God is net so lief vir my as wat Hy vir Christus is. Daar is geen manier waarop God se liefde vir Christus halfhartig kan wees nie. Ek het verlede nag - knus met daardie vers gaan slaap. Daar word nêrens in die Skrif beloftes gemaak dat jy altyd geliefd sal voel nie, ook nie dat omstandighede dit altyd ooglopend sal maak dat jy geliefd is nie. God beloof eenvoudig dat Hy jou liefhet. Geen swaarkry of tragedie sal jou ooit van die liefde van God kan skei nie. (Romeine 8:35-39). n Prentjie wat jy nou sien bewys absoluut niks. Slegs die films van die ewigheid, kan werklik God se oneindige liefde vir jou weergee. Hoe liewer jy vir iemand is, hoe belangriker is daardie persoon vir jou. Die feit dus dat God jou met Sy hele hart liefhet, beteken dat jy belangriker vir God is as wat jy jou ooit kon verbeel! 2. Voordat God ons vergewe het, was ons almal geestelik dood. Die Woord bevestig dat elke persoon op hierdie planeet dood was as gevolg van hulle sonde. Jy kan nie dooier kry as dood nie. God kan nie sê; Ek kies haar want sy is minder dood as hy nie! Deur Christus word ons vergewe en wanneer God na n persoon wat vergifnis ontvang het kyk, kan hy geen sonde raaksien nie. Wanneer jy vergewe is, kan God geen mens op aarde vind wat méér as jy vergewe is nie. Dus, sonder Christus, is almal ewe dood in sonde, en in Christus is ons ewe veel vergewe. 3. God is Almagtig. Dit beteken dat hy niemand meer nodig het as wat hy iemand anders het nie. As God net jong mense, of sterk mense, of ryk mense, of beroemde mense, of geleerde mense kon gebruik, dan moes God darem so swak wees dat Hy menslike krag nodig het, so arm dat hy ons nodig het om vir Hom n paar sente te gee; so dwaas dat Hy menslike geleerdheid nodig het. 4. Die Here hou daarvan om klein en skynbaar onbelangrike dinge te gebruik. 1 Kor. 1:26 sê, Dink maar net broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; en wat vir die wêreld sonder aansien is of betekenis is, ja wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. In die Bybel, lyk die boek Jona klein en nietig, onbelangrik. Dit is slegs 2-3 bladsye lank. Ek voel gereeld só; klein en onbelangrik. Ek het al so gereeld so nutteloos gevoel dat ek seker al sou selfmoord pleeg, as dit nie was dat ek God daarna in die oë sou moes kyk nie. Maar die Bybel sou baie armer wees sonder hierdie boek. Die Koninkryk van God sou ook baie armer sonder jou wees. In hierdie klein boekie sien ons hoe God n storm, n walvis, n hartelose, rebelse, buierige man; n plant én n wurm gebruik. Is jy met minder geseën as n wurm? Dan kan God magtige dinge deur jou doen. As God n storm, n plant, en n wurm kan gebruik, is Hy slim genoeg om jou te kan gebruik. God is so magtig dat Hy enigiets kan gebruik om Sy werk te doen. Geen Christen is té oud, té arm, té ongeletterd, té dom, té siek, om merkwaardig deur God gebruik te kan word nie. Ons kan hierdie onderwerp nie nou hier in diepte ondersoek nie, maar vir slegs een aspek hiervan gaan loer gerus in by: Never too old for God Glo jy dat daar niks is wat God nie kan doen nie? Glo jy dat God n persoon wat dood is weer lewendig kan maak? Glo jy dat God n dooie mens weer lewendig kan maak deur jou gebede? Hierdie woorde deur jou gebede beteken nie dat God nou skielik swak is nie. Glo jy dat God duisende siele kan red? Dan moet jy ook glo dat God duisende siele deur jou kan red! God kan óf die onmoontlike deur jou doen, óf Hy is nie God nie. Sê aanhoudend vir jouself, Daar is niks wat God nie deur my kan doen nie. Die hemel is in afwagting om te sien watter uitstaande dinge jy tot eer van God gaan bereik. Niemand is vir God belangriker as jy nie:
Posted on: Thu, 31 Oct 2013 18:27:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015