SOS na Fourie Rudolph Lake : Rapport ’n Haas uit die hoed, of - TopicsExpress



          

SOS na Fourie Rudolph Lake : Rapport ’n Haas uit die hoed, of ’n lat vir sy eie bas? Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, het gister vriend en vyand verras met die insluiting van die veteraan Fourie du Preez in die Bok-groep vir die komende Rugbykampioenskap-reeks teen Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Du Preez is een van drie spelers in die uitsoekgroep van 30 wat nie deel was van die Bokke se onlangse suksesvolle veldtog teen Italië, Skotland en Samoa nie. Die ander twee is die Stormers-agtsteman Duane Vermeulen, wat herstel het van ’n kniebesering, en die gewese Blou Bul-stut Gurthrö Steenkamp, wat deesdae sy rugby in Frankryk speel. Dit het gister gegons oor Du Preez se terugkeer na die Bok-span vir die Rugbykampioenskap-reeks. Volgens ’n ooreenkoms met Du Preez se Japanse klub sal hy egter net vir die Bokke se tuistoetse beskikbaar wees. Sy plek in die groep vir die Bokke se wegtoetse sal deur die Vrystater Piet van Zyl geneem word. Meyer probeer al sedert sy aanstelling as Bok-breier in 2012 om Du Preez na Suid-Afrika terug te lok. Dié 31-jarige oud-Bul- en Bok-skrumskakel het in 2011 net ná die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland sy rugbywortels in Japan gaan plant. Hy het 62 toetse vir Suid-Afrika gespeel. Dis bekend dat die Bok-afrigter meen Du Preez het geen gelyke agter die skrum nie en dat sy akkurate taktiese skopwerk perfek by die Bokke se spelpatroon sal inpas. Meyer glo ook dat Du Preez se ervaring en leierskap die Bokke tot groter hoogtes sal kan aanspoor. Francois Hougaard, Ruan Pienaar, Jano Vermaak en Van Zyl is die skrumskakels wat in die laaste twee jaar deur Meyer ingespan is, maar hy het nog altyd gehoop Du Preez sal hom weer vir die Bokke beskikbaar stel. Du Preez se Suntory Sungo­liath-klub het die laaste twee seisoene die Japanse Topliga-kroon gewen en volgens kenners het hy geen van sy talente ingeboet nie. Meyer het gister gesê dit is lekker om Du Preez en Steenkamp weer in die Bok-groep te verwelkom: “Saam spog hulle met 102 toetse se ervaring. Hulle was in die verlede deel van baie suksesvolle spanne en sal nou die geleentheid kry om hul ervaring met die jonger spelers in die groep te deel. Dit gaan ’n strawwe reeks wees en ons sal op ons beste moet wees indien ons sukses wil behaal,” het Meyer gesê. Net tyd sal leer of die keuse van Du Preez ’n geïnspireerde insluiting deur Meyer was of ’n waagstuk wat geboemerang het. * Die plaaslike spelers in die groep trek môre in Johannesburg saam vir ’n oefenkamp, terwyl die spelers wat by oorsese klubs betrokke is, hulle op die laatste aanstaande Maandag by die groep sal aansluit. * Die Springbok-groep is (aantal toetse gespeel tussen hakies): Voorspelers: Willem Alberts (21), Marcell Coetzee (13), Bismarck du Plessis (48), Jannie du Plessis (45), Eben Etzebeth (14), Siya Kolisi (2), Juandré Kruger (11), Francois Louw (19), Tendai Mtawarira (44), Trevor Nyakane (3), Coenie Oosthuizen (5), Chiliboy Ralepelle (22), Gurthrö Steenkamp (40), Adriaan Strauss (24), Flip van der Merwe (26), Franco van der Merwe (0), Duane Vermeulen (7). Agterspelers: Bjorn Basson (9), Juan de Jongh (14), Jean de Villiers (k, 87), Fourie du Preez (62), J.J. Engelbrecht (4), Bryan Habana (86), Zane Kirchner (24), Pat Lambie (23), Willie le Roux (3), Ruan Pienaar (66), Jan Serfontein (3), Morné Steyn (45), Jano Vermaak (1).
Posted on: Sun, 04 Aug 2013 09:26:21 +0000

Trending Topics




© 2015