Sit hier in Ongwediva in Ovamboland in Namibia. Het gisteraand die - TopicsExpress



          

Sit hier in Ongwediva in Ovamboland in Namibia. Het gisteraand die voorreg gehad dat dit gereen het hier in die dorre landskap! Mens dis darem lekker om die reen op die sinkplaat dak te hoor en die reuk van die reen op die stof en die blitse in die lug. Ek, as Karoo kind, het omtrent heelnag buite gestaan en na God se wonderwerke gekyk. En ja Dirk en Karin Bredenkamp daar in Bloemfontein van die plaas The Willows, ek wens ek kon julle ook bietjie reen gestuur het. Vir ou Owmboland besoekers en bewoners, die wereld hier het verander, daar is wonderlike teerpaaie , winkels en winkelsentrums, Pick en Pay en Shoiprite en moderne malls en alles wat lekker is. kom kyk maar gerus en die mense is so vriendelik en behulpsaam en die motors ry agtermekaar , ordentlik, wat n fees. Die hotel is modern en baie aangenaam, die kamers is ruim en die konferensie fasiliteite is puik Die plek se naam is Hotel Destiny, kamers is so R500-00 (of te wel Namibian Dollars) per nag. Gaan Saterdag na Otjiwarongo vir drie dae, sal julle op hoogte hou. Ver paaie.
Posted on: Wed, 13 Nov 2013 08:43:08 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015