So baie keer soek ons na geluk en dit voel asof dit ons die hele - TopicsExpress



          

So baie keer soek ons na geluk en dit voel asof dit ons die hele tyd bly ontwyk. Ons soek na geluk deur die regte werk te probeer kry, meer geld te probeer inbring of deur die opvatting dat ‘n sekere persoon my gelukkig sal kan maak. Geeneen van hierdie dinge kan egter enige blywende geluk waarborg nie. Na die soveelste verhouding of ‘n stewige bankbalans voel dit nog steeds of daar iets is wat ontbreek. Geluk is om te groei sodat ons Sy beeld gelykvormig kan word. Elke dag ‘n bietjie meer van Hom en minder van myself. “Liewe Jesus, dankie vir U bloed wat vir my gevloei het. Help my om elke dag nader aan U te groei en vul my met U teenwoordigheid. In Jesus se Naam. Amen”
Posted on: Wed, 04 Sep 2013 04:26:10 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015