Sommige dae wonder ek wat maak ek hier by die werk. Bo en behalwe - TopicsExpress



          

Sommige dae wonder ek wat maak ek hier by die werk. Bo en behalwe dat ek"dink" ek moet werk om die pot aan die kook te hou vra ek die Vader wat doen ek hier. Ek stry en baklei met die Vader en se hoekom hoekom????? Weet julle vandag sit ek in die kerk en dit tref my....Jy is waar jy is om te leer....te leer van die leun wat die duiwel self ontwerp het. Genade wat n skok besef. Ek se ok Vader maar ek..ek werk net vir Pick n Pay???? En dadelik kom die ure wat ons werk tot my. Dit is al kwart oor ses soggens tot 7 uur saans dit is Maandag tot Sondag. Wanneer is dit gesins tyd. Die afgelope drie maande sien ek Reuben se verwese gesiggie voor my en ek besef dat die kind die afgelope tyd soos n neet aan my klou en kort kort n drukkie of n soentjie wil he. Soms is ek (vergewe my God) ongeduldig en se asseblief nie nou nie! Pa en hy sukkel met die huiswerk en die twee lyk verdwaald. Pa bel en sms kort kort.... Hulle soek....soek ma se liefde ma se wag ma se lekker eet dingetjie ma se gebed vir n pyn of sommer net. Ma se hande wat n pleister plak en ma wat tyd het vir n drukkie en n soentjie. Saam pa ry en sommer net gesels en ek besef ....Satan steel nie net my gesin nie maar duisende gesinne. Enkel ouers ....jou huwelik is gesteel om jou kinders te steel. Ek besef dan ook dat ons God se voorskrifte in Sy Woord verdraai en verontagsaam....nie vasstaan in dinge soos die weiering om Sondag n gewone werkdag te maak nie. God se seenwense op n huwelik en kinders binne die huwelik nie. Kort om die bybelse wette. Ons is soos die spul Israeliete in die woestyn....God gee ons als maar nee ons wil die goue kalf aanbid. Waar is ons koppe he? So ek gaan my "werk" n gebed saak maak. My man en kind is vir my te veel werd. My geloof is te min om te glo dat als ten goed vir my sal meewerk vir die wat in Hom glo. Ek gaan dit my "werk" maak om te glo dat met my God ek oor n muur sal spring en deur n vuur sal kan loop. My liefste man en kind vergewe my dat ek nie is waar ek moet wees nie....in julle lewe saam ons God nie. Sus as jy wil werk doen so....maar vra eers God of jy is waar jy moet wees. As jy n enkel ma is soos ek ook eens was....Mag God jou en jou kinders bewaar en mag die Vader se Woord n lamp vir jou voete vir n lig vir jou pad. Mag God julle hierdie week seen. LIefde.. Maryna
Posted on: Sun, 11 Aug 2013 18:54:14 +0000

Trending Topics



day is Christmas Day. We
Hello ones!! ;D Now we bring to You the amazing text of the
SquareEnix refuses to touch their alluding Final Fantasy VII
s around the world to respond
EEG -> "CHARTS HIT GIANTS - Flashback 2010s"® WORLD SINGLES
Tucson Highland Games Athlete Update Saturday Lightweight
Thats why they are called Saints. Incorruptibility is a Roman

Recently Viewed Topics




© 2015