/ Sport / DuRandt versterk Poubloues se agterlyn DuRandt - TopicsExpress



          

/ Sport / DuRandt versterk Poubloues se agterlyn DuRandt versterk Poubloues se agterlyn deel 0 twiet 0 Gerdie Karstens Woensdag 26 Junie 2013 BLOEMFONTEIN. – Die losskakel DuRandt Gerber sal vir die komende Curriebeker-reeks Italiaanse pasta vir boerekos verruil nadat hy deur Griekwas vir die kompetisie gekontrakteer is. Die 30-jarige Gerber het die afgelope vyf jaar sy rugby in Italië vir Lazlo gespeel, maar sal nou die Poubloues vir die duur van die reeks in ’n sleutelposisie versterk. Die Noord-Kapenaars se afrigter, Pote Human, het gister bevestig dat Gerber vir Griekwas gaan speel, terwyl laasgenoemde ook op Twitter onthul het hy het by die Poubloues geteken. Gerber het twee weke gelede by die Pumas vir hom ’n tuiste probeer skep, maar is ná die wedstryd teen die Valke na Kimberley om daar beproef te word. Hy het die afgelope naweek op Vryburg in ’n oefenwedstryd teen die Luiperds speelkans gekry en sodanig beïndruk dat sy dienste vasgemaak is. “DuRandt bring meer diepte op losskakel,” het Human gesê oor ’n posisie wat Francois Brummer tot onlangs nog alleen moes beman. Gerber behoort Brummer se adjudant te wees, met Nico Scheepers en Gouws Prinsloo die ander nuwelinge wat die agterste driehoek sal beman. * Human het gister bevestig dat die flank Wesley Wilkins weer deur die beseringspook gery word. Wilkins het teen die Luiperds die eerste keer speelkans gekry nadat hy van ’n kniebesering herstel het. Hy het teen die Luiperds se skouer beseer en dit lyk na ’n uitgemaakte saak dat hy nie weer die seisoen gaan rugby speel nie. “Wesley sal ’n skouer-operasie ondergaan wat hom vier maande lank langs die kantlyn gaan hou. Ons wag ook vir Jaco Nepgen (slot) om vir ’n skandering te gaan. “Dit lyk of hy ’n graad 1-skeur aan sy knie het,” het Human bygevoeg. Griekwas het pas vir Hilton Lobberts vasgemaak om hul slot-diepte ’n hupstoot te gee, maar Human sal straks nou vir nog ’n ranker rondkyk. Die breier sal moontlik ook na ’n plaasvervanger vir Wilkins op soek wees.
Posted on: Thu, 27 Jun 2013 21:13:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015