...Spreuke van Sagmoedige Neelsie Ons neem almal maatreëls vir - TopicsExpress



          

...Spreuke van Sagmoedige Neelsie Ons neem almal maatreëls vir ons gesondheid as ons eers die knak weg het. Dan loop ons met pluisies in die ore rond en rooi flennel onderbroeke: maar die sinkings en reumatiek kom van die jeugdige bloeidae toe ons met die nooi op die nat kweek gesit het. Ons eet nou pappies en ons drink soppies: maar die swak maag kom van die oordaad van ons gesonde lentetyd. Só sukkel ons ons ou lewe deur; ons vergeet dat gehoorsaamheid beter is as offerande; ons oortrek ons rekening op die liberale en weelderig-weldadige bank van die Natuur; en wanneer die onvermydelike bankrotskap volg, loop ons met ´n nukkerig-donkere bakkies rond om die Voorsienigheid te beskuldig van onregverdigheid. CJ Langenhoven
Posted on: Thu, 04 Jul 2013 07:16:00 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015