Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “Moenie die - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “Moenie die klein dingetjies gering ag nie” “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.” Sagaria 4:10. Jy voel dalk vanoggend nietig in die oe van jou portuur, maar wees bemoedig my liewe vriend. As Jesus Christus jou Heer en Verlosser is, het jy niks om te vrees nie. Die Here se: “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.” Jy begin dalk nou net jou onderneming en jy gaan deur ‘n moeilike tyd en dit voel asof dinge nooit van die grond af gaan kom nie. Plaas jou vertroue in die Here. Hou jou oe op Jesus. Moenie na mense se negatiewe opmerkings luister nie. God sal jou help. Almal van ons moes iewers begin. Dink jy dat toe Billy Graham sy eerste preek vir ses gevangenes in die tronk gelewer het, met een wat tussen sy tande krap en ‘n ander een wat by die venster uit staar, dat hy gedink het hy die grootste modern evangelis van sy tyd sou word? Natuurlik nie! Toe Henry Ford sy eerste motor die Model T Ford, ontwerp het, dink jy hy het enige idee gehad hoe die motorindustrie die mensdom gaan verander? Dit het die wereld verander. ‘n Klein seuntjie het sy pa se skape opgepas en het geen idée gehad dat hy bestem was om die grootste koning te word wat Israel ooit gehad het buiten Jesus Christus, die Seun van God, nie. Moenie die klein dingetjies gering ag nie. Ek is so lief vir die Here, want Hy het die gewoonte om die sogenaamde “klein dingetjies” te kies om die “groot dinge” in die wereld mee te verwar. Die rede waarom Hy dit doen is omdat Hy nie sy heerlikheid met enigiemand wil deel nie. Hy weet dat wanneer hy jou in jou klien kapasiteit gebruik, wanneer hy die twee vissies en vyf broodjies neem en hulle vermeerder en ‘n menigte kos gee, sal geen mens daarvoor die eer neem nie. Daardie eer kom slegs God toe. Gaan vandag en moenie die klein dingetjie gering ag nie. Ons moet almal iewers begin. God sal alles neem wat jy vir Hom gee en dit vermeerder, want dit is sy besigheid om dinge te vermeerder.
Posted on: Mon, 11 Nov 2013 05:33:38 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015