Swanger atleet : Ek sal hardloop Koponderstebo sit die - TopicsExpress



          

Swanger atleet : Ek sal hardloop Koponderstebo sit die kampioenatleet van Krugersdorp op haar ma se skoot. Tot onlangs was Irene van Niekerk (15), wat kaalvoet sonder die meeste van haar tone die atletiekrekords laat spat het, nog op pad na ’n nuwe lewe in Arizona, Amerika. Maar nou is sy swanger. Die “nuwe Zola Budd” sou ’n lewe in die wit plakkerskamp Kroningspark-woonwapark, waar sy saam met haar ouers, Irene sr. en Hugo, en ses boeties grootgeword het, agterlaat en by ’n Amerikaner, dr. Skip Moen, en sy gesin ingetrek ­het. Dié skrywer, entrepreneur en dosent in Bybel-leierskap het haar storie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika gehoor. Hy het ’n trustfonds vir haar gestig en sou onder meer haar skoolgeld, professionele atletiekafrigting en mediese fonds betaal het. Pleks van dié goue toekomspad gaan Irene, wat nou vyf maande swanger is, heel waarskynlik in Desember in ’n openbare hospitaal geboorte gee. “Ek is bang vir aflaai,” sê die blondekop sag, skugter. Haar verminkte tone waarmee sy haar pad na tientalle medaljes en dalk ’n nuwe toekoms sou oophardloop, is in ’n paar grys pantoffels versteek. - Rapport (volledige berig in Rapport) (Rob)
Posted on: Sun, 08 Sep 2013 05:18:17 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015