Vader, Ek bid vir elke persoon wat behoeftig is en wat aanraking - TopicsExpress



          

Vader, Ek bid vir elke persoon wat behoeftig is en wat aanraking en genesing kort kom, voorsiening en deurbraak. Maak nie saak wat in hul lewe mag wees nie of hoe erg hul omstandighede lyk nie, ek wil bid vir genesing in hul liggaam, daai pyn sal moet gaan in Jesus naam, daai virus, sterf en daai seer opdroog. Ons verklaar oorlog en bely dat elke siekte sal buig en plek maak vir genesing en oorwinning in Jesus naam. Ek bid vir elke verhouding, restoreer en bring harmonie en eenheid weer tussen man en vrou, kind en ouer, vriend en kolega. Wat ookal hul uitmekaar laat dryf het, bring ek in die gees en in geloof weer terug in die naam van Jesus. Ek bind elke finansiële krisis wat die vyand kom bring het, ek bestraf elke gees van armoede nou in die naam van Jesus, ek spreek oor elkeen se finansies, restoreer Here, voorsien, mag hul deurbrake ontvang in Jesus, ek bid nou vir ‘n gees van voorsiening en volop in hul finansies, in hul koskaste en yskaste, vul elkeen se mandjie in Jesus naam. Nie meer droogte nie, geen bekommernis oor skuld en armoede nie, ek spreek lewe en verklaar vryheid, vry van skuld, vry van bedel en leen in Jesus naam. Elke besigheid en bediening, Here ek bring elkeen ook na U toe en in geloof se ek dat dit sal gebeur en sal plaasvind en sal waar word tot eer en verheeliking van God se naam. Elke huis rusie, elke onenigheid in elke huis, komminukasie gaapings sal nou herstel word in Jesus, Here dat elke huis sal sê dat hulle die Here sal dien ongeag wat, en ek verklaar dit nou in Jesus se naam. Dankie vir elke genesing, elke voorsiening, elke restorasie, elke deurbraak en elke uitleg en oorwinning, als te danke aan God se genade en liefde en die offer van Sy Seun, Jesus Christus, Here ons verklaar dat die woord ryklik in ons nou mag woon, ons vat elke woord en maak dit ons eie in geloof, niks meer twyfel nie. En so sal dit wees, in Jesus se naam Ek maak Psalm 91 myne:
Posted on: Wed, 06 Nov 2013 07:38:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015