BEKERING Dit is pynlik. Dit is om tot inkeer te kom, dat jý - TopicsExpress



          

BEKERING Dit is pynlik. Dit is om tot inkeer te kom, dat jý verkeerd is. Dit is om tot afkeer te kom, om te haat wat jy verkeerd doen in die oë van die Here. Dit is om tot omkeer te kom, dat jy jou rug draai op die verkeerde in jou lewe. Dit is om tot terugkeer te kom, terug te lewe na God toe. Die Baouli groep in Wes Afrika sê: “Bekering maak so seer, dat jy dit nie wil doen nie.” Dit is nie maklik nie. Daarom sê Joël 2:13 jy skeur jou hart, nie jou klere nie. In Joël se tyd stuur die Here ‘n swerm sprinkane om die volk tot inkeer te bring. Die sprinkane het alles opgevreet! Lande. Vrugtebome. Tuine. Alles gestroop! Joël moet as profeet hierdie gebeure gebruik, om die volk tot bekering op te roep. In Joël 2:12-13 sê die Here: “Draai met volle oorgawe terug na My toe! Vas, huil en treur! Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!” As teken van berou, het die Jode hul klere geskeur. Ons is dikwels in baie moeilike situasies. Baie moeilik! Ekonomiese probleme. Gesinsprobleme. Ongelukke. Ernstige siekte. Dit voel of die “sprinkane alles gestroop het”, in ons lewe! Dit is dikwels in sulke omstandighede wat die Here by ons “pleit”: “Skeur jou hart, nie jou klere nie.” Want dan kan God jou pyn verlig! Dit is daar waar ons die Here oog tot oog leer ken, en nie op hoorsê nie.(Job) Dit is daar waar God Homself op so ‘n genadige wyse aan ons openbaar. Ontdek dat God gou is om te vergewe, en genade en liefde te betoon. Hy het jou só lief! Hy sal jou stroop, om jou terug te kry by Hom! Draai met volle oorgawe terug na Hom toe, sê Joël 2:2-3, Skeur jou hart, nie jou klere nie. Ernest
Posted on: Sun, 29 Sep 2013 08:01:56 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015