DIT is “hel op aarde” vir baie van die Vrystaatse boere aan - TopicsExpress



          

DIT is “hel op aarde” vir baie van die Vrystaatse boere aan die Lesotho-grens. whitenationnetwork/paper/archives/13928 DIT is “hel op aarde” vir baie van die Vrystaatse boere aan die Lesotho-grens. Vir baie voel dit asof hulle in ’n grensoorlog met booswigte van die buurland gewikkel is. Dié gevoel is ’n werklikheid, sê Douglas McDonald, eienaar van die gasteplaas en perdestoetery Lions Rest by Ficksburg. Sy plaas is sedert verlede jaar nege keer aan die brand gesteek. Hy sê boere is raadop en vrees hul geliefdes se veiligheid is in gevaar wanneer hulle in middernagtelike ure brande op hul plase, vermoedelik deur booswigte uit Lesotho gestig, moet bestry. Vroue en kinders is weerloos teen plaasaanvalle wanneer hulle saans alleen is, sê McDonald. Vyf van sy teelperde, waaronder ’n vulletjie van R2 miljoen, is al gesteel en oor die Caledonrivier na Lesotho gejaag. Hy gebruik die perde vir deelname aan perdespring-kompetisies. In die jongste voorval het sy Duitse herdershond, Zak, spoorloos verdwyn nadat McDonald Saterdag in die vroeë oggendure by ’n brand was. Hy vermoed Zak is deur kwaaddoeners van Lesotho gesteel, maar het ontsnap en was gisteroggend veilig terug op die plaas. McDonald se buurman, Castell Musgrave, plaasbestuurder van die plaas Ebenhaezer, loop ook die afgelope twee weke deur weens diefstal en brandstigting. Hy vermoed die plaas word uit wraak geteiken omdat hy ’n ruk gelede 11 onbekende beeste wat op die plaas gewei het, na die veeskut op Ladybrand gevat het. Sy hoenders en gereedskap is by sy plaashuis gesteel terwyl hy ’n brand op die plaas bestry het. Intussen was sy vriendin alleen tuis. Sy plaas is dié naweek weer aan die brand gesteek. Die wegholbrand het tot by sy plaaswerkers se huise versprei en van hul hoenders het doodgebrand. “Ek het vir hul lewe gevrees.” Musgrave het twee klagte van opsetlike saakbeskadiging by die polisie ingedien, maar voel die polisie en die weermag kan net hul pligte doeltreffend met meer mannekrag en minder stukkende voertuie uitvoer. McDonald sê die weermag patrolleer selde die grenspad, wat wel in ’n rybare toetstand is, op hul plase teen die Caledonrivier. Kobus Breytenbach, vise-president van Vrystaat Landbou en voorsitter van Agri SA se komitee vir landelike beveiliging, sê die kwessie oor die bou en onderhoud van die grenspad word einde September op ’n bemiddelingsessie met die nasionale departement van openbare werke op die spits gedryf. Luidens ’n ooreenkoms tussen Vrystaat Landbou en verskeie nasionale staatsdepartemente wat verlede jaar in die Vrystaatse hooggeregshof bekragtig is, is die grenspad dié departement se verantwoordelikheid. Vrystaat Landbou is ontevrede oor die departement se trae vordering in dié verband. Ingevolge die ooreenkoms is landbou verantwoordelik vir die grensheining, wat nie opgerig kan word waar daar nog nie ’n pad is nie. Breytenbach sê dié ooreenkoms maak vir bemiddeling voorsiening. Die organisasie het simpatie met boere aan die Lesotho-grens, maar dit is noodsaaklik dat hulle probleme by Vrystaat Landbou aanmeld sodat dit aandag kan kry, sê Breytenbach. BRON
Posted on: Thu, 19 Sep 2013 07:32:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015