Die seer van ‘n ma, sny dieper as ‘n mes! Dit pyn erger as - TopicsExpress



          

Die seer van ‘n ma, sny dieper as ‘n mes! Dit pyn erger as geboorte-gee! Dit bloei meer as ‘n hoofaar, die seer van ‘n ma! ‘n Ma is mens, mens word moeder, al sorgende en kermende! Gee hier, maak daar! Soen hier, verbind daar! Tel hier op, smeer daar salf! Die seer van ‘n ma gaan verder as ‘n rooi kniekop, is meer as ‘n kopstamp! Dis seer! Dis helse seer! Kinders word groot en dan kom die teleurstellings. Kind word mens, en dan, besluite! Seun maak die keuse, ma kry seer! Dogter speel rook-rook, pa verstaan nie! Ma bly stil, sy gaan lees haar versies in die donker, te bang die lig verklap die trane. So bang die lig steek haar seer aan die brand? Haar hart klop stil-stil, sy kyk by die venster, geen lewe loop rond nie. Sy skryf ‘n briefie in die kombuis, dis al laat! Môre sal kom! “My kind, kyk om jou rond! Sien jy my? Ek lief jou steeds. Kom terug, my kind, asseblief?” “O God, bewaar my kinders, asseblief?”
Posted on: Tue, 08 Oct 2013 06:13:29 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015