Goeie more. Here, leer my om te vra, net genoeg genade en krag vir - TopicsExpress



          

Goeie more. Here, leer my om te vra, net genoeg genade en krag vir EEN dag op ñ slag. Toe die Israeliete in die woestyn was het hulle net genoeg manna opgetel vir een dag, as hulle meer as dit opgetel het, was dit die volgende dag vol wurms. Here, ek as mens wil so graag meer as een dag op n slag lewe. Ek staan vanoggend op, en dan begin ek sommer dadelik al oor more en oormore se probleme tob en stress. Maar U het my net een dag op ñ keer belowe. En as ons so stress oor more en oormore, dan wonder ons hoekom het ons maagsere, en hartaanvalle en angs aanvalle! Dis al die wurms wat ons met ons saamdra!Maar U Here, is ñ getroue sorgsame God wat elke dag nuwe vars manna vir my voorsien, U verwag nie van my om ou kos te eet nie. Net so met my geestelike voedsel, ek kan nie van geestelike biltong leef nie, ek moet elke dag vars krag en wysheid by U gaan optel. En vandag wil ek net bid vir my behoeftes van vandag, More sal U weer vars manna voorsien. Die liedere digter het so mooi geskryf: One day at a time sweet Jesus, thats all Im asking from you. Just give me the strenght to do every day what I have to do. Yesterdays gone, sweet Jesus, and tomorrow may never be mine. Help me today, show me the way, one day at a time... Ek bid NET vir vandag, wonderbare God, want U sal self vir more sorg. Dankie daarvoor my Koning, in Jesus Naam, AMEN Mooi dag.
Posted on: Thu, 07 Nov 2013 08:02:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015