Goeiemore maatjies, ek het baie vroegoggend wakkergeskrik en my - TopicsExpress



          

Goeiemore maatjies, ek het baie vroegoggend wakkergeskrik en my stiltetyd gehad. Ek het vir die Here gevra dat hy my moet lei met wat ek vandag vir hom kan doen. Na n rukkie het ek besluit om op Fb te gaan en ek kom af op die video........ek huil.....ek huil oor ek dankbaar is dat die Here se woord nie onvervuld bly nie. Ek huil omdat daar nog hoop is vir die hopeloses. Ons kan en mag nie almal onder een kam skeer nie. Armoede dryf baie mense na die verkeerde dinge wat vir ons land n ekonomiese knou gee. Vanoggend bid ek dat die Here ons oorvloediglik moet seen met nederigheid, opregtheid van hart en eerlikheid, want dit is onontbeerlik vir n wenresep om die aanslae van die lewe teen te werk en n lafenis vir jou siel. Ons is klaar geseen want ons het die voordeel van kommunikasie op internet en dit is so n magtige instrument om die goeie word te versprei. Woorde ontval my om my dank te betuig soos wat dit my maker toekom. Here, U is my opstaan, my asem, my alfa en omega. Sonder U bestaan ek nie, lewe ek nie. My maatjies, my beker loop oor vir die persoon in die video. Ek jubel en juig want ek dien n lewendige God. Mag jy vandag God se liefde, mag en grootheid ervaar en mag jy vandag die eer he om n instrument in God se hande te wees. Ek
Posted on: Thu, 21 Nov 2013 02:52:58 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015