(Gordon) o die dinkwyse van die land se "leiers" Is die nie - TopicsExpress



          

(Gordon) o die dinkwyse van die land se "leiers" Is die nie haatspraak? : Die ANC het in reaksie gesê “barbaarse boere” het die naam Pretoria op mense afgedwing, terwyl konsultasie nou toegelaat word ANC-lid sê hy noem stad Pretoria, Van Riebeeck kry skuld Cobus Claassen 30 Augustus 2013 Wees bly daar is konsultasie, want Jan van Riebeeck het Pretoria se naam gegee sonder om te probeer uitvind aan wie die grond behoort. Dít was gister Apson Makaung, ’n ANC-raadslid, se geskiedenisles aan die DA in die Tshwane-raad. Die omstrede Pretoria/Tshwane-naamstryd was gister opnuut ’n warm besprekingspunt toe ’n verslag oor die beplande openbare deelnameproses vir die naamsverandering van Pretoria op ’n raadsvergadering gedien het. Kgosientso Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester, het op die Junie-vergadering bekend gemaak daar is nie behoorlik op verlede jaar se deelnamevergaderings boekgehou van verrigtinge nie en die proses moet herhaal word. Inwoners het verlede jaar ná dié deelnameproses, wat vergaderings in al sewe Tshwane-streke ingesluit het, die geleentheid gehad om vir of teen die voorgestelde naamsverandering te stem. Die uitslag van die stemproses is sedertdien nooit bekend gemaak nie. Daar is op goeie gesag verneem meer inwoners was ten gunste van die behoud van Pretoria se naam en die burgerregte-inisiatief AfriForum voer selfs aan meer as 80% van die inwoners wat gestem het, het Pretoria as naam gesteun. In die verslag wat gister voor die raad gedien het, word gewys op verskeie “uitdagings” wat in die deelnameproses ervaar is. Daar word onder meer aangevoer inwoners het die proses in die wiele gery toe dit as ’n referendum beskou is. Daar word voorgestel dat die nuwe deelnameproses op 12 Oktober gehou word, maar dat skriftelike voorleggings nie weer toegelaat word nie “omdat dit nie ’n referendum is nie”. Die DA het kwaai daarteen uitgevaar en gesê die ANC gaan die proses herhaal totdat hy die uitslag kry wat hy wil hê. Ramokgopa het deurgeloop nadat hy vroeër vanjaar by verskeie geleenthede gesê het ’n verslag oor die voorgestelde naamsverandering is ná die deelnameproses aan Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, gestuur. “As die verslag by die minister is, hoekom dan nog ’n ronde openbare deelname?” wou Tau Motau, DA-raadslid, weet. “Die proses moet deursigtig, vry en regverdig wees. Ons gaan die doelwitte nie behaal as skriftelike voorleggings nie toegelaat word nie. “Nie almal sal die openbare vergaderings kan bywoon nie, terwyl ander weer met busse aangery sal word,” het Motau gesê. Jan Boshoff, DA-leier in die raad, het gesê die ANC manipuleer die proses en probeer inwoners se wil nou omseil. “Dit is oneerlik en nie in die gees van demokrasie nie.” Adv. Kate Prinsloo, DA-raadslid, het gesê dit is die beste voorbeeld nóg van hoe die ANC in Tshwane Zimbabwe-politiek toepas. Die ANC het in reaksie gesê “barbaarse boere” het die naam Pretoria op mense afgedwing, terwyl konsultasie nou toegelaat word.
Posted on: Fri, 30 Aug 2013 06:36:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015